Handelinge 1 : 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige
Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die
hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
Tydens
krisisse voel dit dikwels asof ons nooit heel aan die anderkant sal uitkom
nie. En partykeer reën die een na die
ander krisis op ons neer. Ons voel soos
‘n drenkeling, verswak en oorweldig deur die enormiteit van die oseaan rondom
ons. Ek het eendag van iemand gelees wat
in ‘n swembad geval het en desperaat om hulp geroep het, oortuig dat sy gaan
verdrink omdat sy nie kon swem nie.
Nadat iemand haar uitgehaal het, en gekalmeer het, het hy aan haar gewys
dat sy in die vlak kant ingeval het en net moes staan, dan sou sy veilig gewees
het.
Ons
spartel ook rond en roep om hulp, vas oortuig dat ons nie gaan oorleef nie… dat
hierdie probleem ons gaan knak. As ons
egter vir ‘n oomblik sou ontspan en luister, sal ons God se stem hoor. Kalmeer my kind. Jy gaan nie verdrink nie. Vertrou my – daar is vaste grond onder
jou. Ek is jou vaste grond.
Jy is nie
alleen nie. Dit waardeur jy gaan, gaan
jou nie verswelg nie. Mense kan jou
tenakom, teleurstel of seermaak… net Een kan jy vertrou… onvoorwaardelik. Hou op spartel en reik uit na Hom. En wanneer jy Sy krag ervaar, Hy jou gered
het, gaan verkondig dit regoor die wêreld.
No comments:
Post a Comment