Titus 3:11
omdat jy weet dat so 'n man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die
oordeel oor homself.
Dit is elkeen van ons se plig om iemand wat
op die verkeerde pad is, reg te help. Ons
mag nie net ‘n blinde oog keer en hoop dat dit vanself sal regkom nie. As ons dit nie doen nie, sal daardie siel verlore
wees vir God se Koninkryk.
Maar dan moet ons ook onthou dat ons self
sondaars is en nie mag oordeel nie.
Liefde op sigself kan verandering te weeg bring. Gebed verrig wondere, maar ons kan moed opgee
as God nie onmiddellik ingryp nie. Soms
besef ons nie dat Hy wel geantwoord het… dat ons die antwoord is… dat Hy van
ons verwag om in te spring en daardie persoon te red.
Soms is iemand al soveel jare op die
verkeerde pad dat jy glo hul sal nooit verander nie. Ander kere is dit net ‘n
tydelike afdwaling. Soms is die
afdwaling skrikwekkend en dalk onvergeeflik, terwyl dit op ‘n ander keer net ‘n
oomblik van onbesonnenheid was.
F B
Meyer het gesê ons kan net
oordeel as ons (i) weet hoe hard die persoon al probeer het (ii) weet hoe groot die
versoeking was (iii) en onsself afvra, “Wat as dit ek was?”
Sportmanne sê altyd
dat die beste spelers op die paviljoene sit.
Vanaf die paviljoen kan ons raad gee en die spelers vertel wat hulle
eintlik moes doen, maar sou ons so goed gevaar het as ons op die veld was?
No comments:
Post a Comment