Deuteronomium 8 : 19
“As jy ooit die Here jou God vergeet en ander gode aanhang en hulle dien
en vereer, verklaar ek vandag dat jy beslis tot niet sal gaan.
In ‘n kapitalistiese wêreld, met die ekonomie wat knyp, doen mense lankal
nie meer op ‘n eerbare manier besigheid nie.
Dis asof dit ‘n geval is van ‘eat,
or be eaten’. Mammon heers.
Juis daarom was is my asem een middag byna weggeslaan toe ek ‘n
vragmotor in die verkeer teëkom waarop die hele agterkant aan God gewy is. In reuse letters staan daar: “In God I trust, Glory be to Him.” En langs hierdie woorde, ‘n pragtige beeld
van Christus, soos ek dit uit my Kinderbybel onthou.
Meeste vragmotors het telefoonnommers, adresse en webblad informasie
oral op die voertuig, en dit is ook nodig. Om die waarheid te sê, is dit
noodsaaklik in ‘n kompiterende wêreld om te verseker dat mense van jou
besigheid weet en meer nog, dat hulle weet hoe om jou in die hande te kry. Nie vir hierdie eienaar nie. Die
advertensiespasie word uitsluitlik daaraan gewy om God te vereer. Ek het sommer trane in my oë gekry. Ons almal weet waar om God te kry as ons Hom
nodig het, maar hoeveel van ons staan ‘bold’
op vir Hom.
Ek het in alle nederigheid vir God gevra om die maatskappy te seen, te
verseker dat die eienaar in besigheid sal bly, omdat hy die vermoë het om die
boodskap uit te dra, waar hy ookal ry.
No comments:
Post a Comment