Monday, 21 July 2014
My genade is genoeg vir jou
2 Korientiërs 12 : 7 - 10 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.
Miskien is jy die een aan die ontvangkant van die ‘sondaar’ se dade. Jou kind wat aan dwelms verslaaf is, het jou kniediep in die skuld… jy ly onder ‘n drankverslaafde se verbale en fisieke mishandeling… jy is verkrag… iemand het jou beroof… iemand na aan jou is vermoor… jou huwelik is een van die egskeidingstatistieke a.g.v. egbreuk…
Jy sukkel om te vergewe en wat jy in 'n dagstukkie verlede week gelees het, is nie wat jy wil hoor nie. Hoe kan God iemand vergeef wat dit aan jou gedoen het… wat jou lewe vernietig het? Heel moontlik het jy jou bes probeer om te vergewe, maar jy kan nie vergeet nie, want jy word elke dag aan die onreg herinner.
Ek wens ek kon jou seer wegneem... of op een of ander manier vergoed… Ek wens ek kon jou geheue uitwis… jou weer hoop en vertroue gee… Al het ek die mooiste woord hier gebruik, sou dit jou nie beter laat voel nie. Ek kan jou egter verseker dat ek weet hoe dit voel om verpletter en veronreg te voel, maar die belangrikste van alles, dat God my male sonder tal al opgetel en vertroos het. Soms moes Hy trane afdroog… ander kere pleisters plak. Soms moes ek gips kry… ander kere moes ek geopereer word… aag en partykeer wou ek net Sy liefdevolle arms om my voel en hê Hy moes die einas wegsoen. Een ding weet ek verseker, deur dik en dun was my Liefdevolle Vader deurentyd daar. En soms is dit al wat ons staande hou…
Dieselfde God wat die sondaar vergewe, kan jou ook genees en die krag gee om aan te gaan. God het nie een van ons liewer as vir ‘n ander nie. Sy regverdigheid is ver bo ons begrip. Ons kan net Sy oordeel vertrou. En uiteindelik, kom die wraak ons nie toe nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk. Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of oms...
-
Psalm 23 : 6 Net goedheid en guns sal my volg, al die dae van my lewe Daar is soveel mense wat geluk najaag, wat wonder wanneer hul ski...
No comments:
Post a Comment