Deuteronomium 33 : 27 God is ‘n skuilplek, Sy arms is altyd onder jou.
Onthou
jy nog hoe lekker dit was om wegkruipertjie te speel… veral wanneer jy daardie
perfekte wegkruipplek gekry het en hulle aanhou en aanhou om jou te soek, maar
jou net nie kry nie… totdat jy kan uithardloop en skree: “Een, twee, drie… blok myself.”
God
bied jou Sy arms as skuilplek.. die perfekte skuilplek. Soos wat Hy vir Sy volk oor die jare gesorg
het, so sal Hy ook vir jou sorg. Ja,
soms voel dit asof God nêrens is nie… asof Hy nie hoor nie en nie weet waardeur
jy gaan nie, maar dalk moet jy jouself afvra wie het wegbeweeg. God se arms is steeds daar, dis jy wat
weggedryf het.
Dis
die tye dat jy moet terugdink oor hoeveel kere Hy vir jou deurgekom het…
hoeveel kere Hy jou uitgered het… hoeveel kere jy gedink het, dis als verby,
maar Hy die onmoontlike vermag het.
No comments:
Post a Comment