Jesaja 25 : 1 Here, U is my
God! Ek wil U prys en U Naam loof! U het
wonders gedoen; dinge wat U lankal
besluit het, het U volgens plan uitgevoer.
Het
jy al die gevoel ervaar dat God jou so verras het, dat jy nie kan ophou om Hom
te loof en prys nie? Dat jy voel asof jy
op die hoogste gebou kan gaan staan en uitskree Here, U is my God!
Vertrou
jy op God, of vertrou jy op ander? Daar
is mos ‘n gesegde wat sê: “Dis nie wie
jy is nie, maar wie jy ken.” Wel, ek
weet nie hoeveel invloedryke mense jy ken nie… ek weet ook nie hoeveel van
hulle al vir jou deure oopgemaak het nie.
Ek ken egter die Koning van die heelal.
Mense het my al male sonder tal in die steek gelaat, beloftes verbreek,
my ontnugter… In kontras met hierdie
ervaring, het God my nog nooit ooit in die steek gelaat nie. Ja, daar was kere dat ek vir iets gebid het
en Hy volgens my onkundigheid, nie my gebede verhoor het nie, maar elke keer
was dit eintlik ‘n bedekte seen.
Jy
kan God vertrou, daarvan kan ek getuig.
Weet jy wat ‘n verligting dit is wanneer jy dit die dag besef! My toekoms is in God se hande en Hy het ‘n
perfekte plan vir my lewe. Ek kan rustig
slaap, want die Koning van die heelal is in beheer!
No comments:
Post a Comment