Matteus 15 :
31 Die skare was verbaas toe hulle agterkom dat stommes praat, kreupeles gesond
is, verlamdes rondbeweeg en blindes kan sien.
Die opskrif
van hierdie skrifgedeelte is: “Jesus
maak baie siekes gesond.”
Jesus het
homself sodanig bewys met al die wonderwerke wat hy op verskillende dorpies
verrig het dat mense hom oral begin volg het.
Hy was hul laaste hoop in baie gevalle.
Vir party was dit nie maklik om by Hom uit te kom nie, maar hulle het
alles gedoen om Hom te bereik, wat hulle het geweet dat hul probleme op ‘n
einde sou wees.
Dalk is dit
hoe ons ook redeneer. Ons weet deeglik
waartoe God in staat is en daarom dien ons Hom voluit wanneer ons deur moeilike
tye gaan. Die vraag is net of ons
voortgaan om Hom te dien nadat Hy ons probleme uitgesorteer het?
Onthou jy hoe
dieselfde mense wat hom gevolg het hom uiteindelik uitgelewer het? Is dit nie maar wat ons ook doen nie? Sodra ons probleme opgelos is, gaan ons terug
na ons ou gewoontes.
God is magtig
en Hy kan wonderwerke verrig, maar ons moet getrou wees. Alles gaan nie altyd volgens ons wense
verloop nie. Soms gaan die een ding na
die ander verkeerd en jy wonder waar God is.
Het Hy van jou en my vergeet?
Nee, maar ons geloof word getoets en ons mag nie toelaat dat satan ons
oortuig dat God nie meer omgee nie.
No comments:
Post a Comment