Jakobus 1 : 5 As een van julle
wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God
gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt
Miskien is dit die antwoord. Ons kort wysheid.
As ons bid en vir God iets vra, word dit nie in ‘n
pakkie by ons afgelewer nie. Dus is dit
nogal moeilik om te weet wanneer en hoeveel wysheid, selfs of, jy nou al
wysheid ontvang het.
Dit is een van daardie onverklaarbare dinge. Jy vra daarvoor en geleidelik kom jy agter
dat jy dinge in ‘n ander lig sien. Dis
soos wiskunde… jy verstaan dit nie, maar dan verduidelik iemand vir jou dit op
‘n manier waar jy dit ewe skielik snap. ‘n
Liggie het aangegaan.
Kennis is mag, en so ook wysheid. Wysheid sorg dat jy nie soos ‘n dwaas optree
nie, want jy’t ‘n vlak van intelligensie wat jou insig gee. Tekste in die Bybel wat nooit sin gemaak het
nie, kry betekenis.
Jou kollega wat jou altyd geirriteer het, is nie
meer so irriterend nie, want jy verstaan nou hoekom hy/sy is soos hul is.
Laat ons bid vir wysheid en dan optree teenoor
ander soos iemand wat in die Lig leef.
No comments:
Post a Comment