Die grootste
geskenk wat iemand jou kan gee, is om vir jou te bid. Soveel te meer as Jesus vir jou intree by die
Vader.
En jy kan ook vir ander bid. Dra jou eggenoot, jou kinders, jou ouers, jou
vriende, jou familie aan God op in gebed.
Gebed is ons direkte lyn na God.
Hy is nooit te besig vir jou nie.
Gebed is die noodlyn na God. Dit
is die reddingsboei in die stormsee.
Gebed is nie tydgebonde of plekgebonde nie. Julle kry nie omdat julle nie bid nie...
(Jak 4:2).
Bid voortdurend. Bid uit dankbaarheid, bid uit nood, bid omdat
jy moedeloos is, bid vir jouself en vir ander, maar moet nie stilbly nie. God wil jou hoor.
No comments:
Post a Comment