Romeine 15 : 13 Mag God, die
bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat
julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!
As jy met mense
gesels dan hoor jy hoe baie van hulle, hul hoop op aardse dinge plaas.
Wanneer ek die Lotto wen..., sodra my man
aftree... as ons huis net klaar betaal is... wanneer die kinders groot is... as
ek klaar is met my kanker behandeling...
Daar is afhanklikheid in hierdie woorde
opgesluit, hoop dat dinge beter sal wees sodra die een of ander fase
aanbreek.
Dit terwyl die bron van hoop,
God, ons op enige gegewe oomblik met ware hoop kan vul. Hy is die bron van hoop en Sy hoop vul jou
met vreugde en vrede.
No comments:
Post a Comment