Die menseras het
nou maar eenmaal die vermoë om so vasgevang te word in probleme dat ons
tonnelvisie ontwikkel. Ons sien nie meer
goeie dinge raak nie. Ons hou op lag en
vind in niks meer vreugde nie. Die lewe
raak een lang treurmare.
Feit is dat die
lewe nie gaan stilstaan omdat jy deur ‘n moeilike tyd gaan nie. Jy raak steeds ouer en jou lewe tik
verby. Wees nou eerlik. As jy aan groot krisisse terugdink, lyk hul
nog so erg? Ontstel dit jou nog
steeds? Tyd en afstand tussen jou en die
probleem, bring alles in perspektief.
Te
midde van die stryd, raak stil. Dink hoe
getrou God is, hoeveel vreugde Hy jou al laat ervaar het. 1
Kronieke 16 : 27 Majesteit en luister
straal van Hom uit, krag en vreugde vul die plek waar Hy is.
Dink aan die onmoontlike wat Hy al in jou lewe
vermag het. Fokus op die positiewe en jy
sal nie tyd hê vir die negatiewe nie.
Trek eenvoudig ‘n streep deur negatiewiteit (-). Dan verander die minus (-) in ‘n plus (+).
No comments:
Post a Comment