Ps 42 : 2 Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag
ek na U, o God.
As Christen weet
jy dat jy ‘n ewige dors na God het.
Daardie dors word nooit geles nie.
Dit bly ‘n smagting; ‘n honger na Hom.
Hy word alles oorheersend in jou lewe, jou hartsverlange. En tog is dit nie ‘n seer nie. Dit bring eerder gemoedsrus.
Laat God die begin en die einde van jou lewe
wees, die alfa en die omega. Die mens
kan nog lang rukke sonder kos, maar nie sonder water nie. Net so kan jy sonder baie dinge in jou lewe,
maar jy kan nie sonder God nie. Jy kan
nie sonder Sy Woord nie. Bybelstudietyd
word jou gunsteling tyd van die dag en God se Woord gaan voor jou oop.
No comments:
Post a Comment