Psalm 126 : 3 Die Here hét groot
dinge aan ons gedoen; ons was bly.
As jy na jou lewe op hierdie oomblik kyk, glo jy
steeds dat God groot dinge in jou lewe kan doen? Dalk reken jy dat jou omstandighede te
hopeloos daarvoor is. Die goeie nuus is dat
God op die punt is om groot dinge in jou lewe te doen… as jy Hom toelaat.
Ons praat nie hier van net een area nie, maar
verskeie areas. Dit gaan jou familie, jou loopbaan, jou kreatiwiteit,
geleenthede, verhoudings, geldsake… net mooi alles raak. Aanvanklik mag jy dalk geen verandering
opmerk nie, maar wanneer jy dit die minste verwag, gaan jy ewe skielik die
verandering opmerk.
God sit nie heeldag en TV kyk of slaap nie. Hy is
voortdurend in die agtergrond besig. Ek onthou
‘n speletjie wat my as kindgefassineer het.
Dit was so ‘n plat vierkant met 8 vierkantige blokkies binne-in en ‘n
9de leë spasie. Die blokkies was
‘deurmekaar’ en het geen logiese prentjie gehad nie. Die idee was om die blokkies so te skuif dat
dit ‘n volmaakte prentjie maak. Om dit
reg te kry, moes jy strategies dink, en jou skuiwe beplan. Soms moes jy die blokkies wat alreeds deel
van die prentjie was, ‘skommel’ omdat dit jou uiteindelik sukses sou laat smaak
met ‘n volledige prentjie. Glo my, dit
kon jou nogal ‘n rukkie besig hou.
Stel jou nou voor dat elkeen van ons ‘n ‘blokkie’
is wat God moet rondskuif sodat almal se prentjie volmaak is? Dit gaan sekerlik ‘n bietjie langer neem as
my poging. Die goeie nuus is dat Hy nie,
soos ek met die speletjie gaan opge,e totdat Hy dit nie regkry nie. Om die waarheid te sê, elke skuif van Hom is
lank vooruit beplan.
God rig jou voetstappe. Hy het ‘n plan hoe om die regte mense oor jou
pad te bring sodat jou deurbraak kan gebeur. Hierdie is ‘n seisoen van
voorbereiding vir ‘n meesterplan om in plek te val.
No comments:
Post a Comment