2 Timoteus 1 : 6 Al loop hy en
huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra
Partykeer dink ek ons is darem te maklik met te min
tevrede. Dalk het ons, ons lus vir die
lewe verloor en nou strompel ons maar so sleepvoet voort. Ja, so loop on sook en huil terwyl ons
voortploeter. Ons is afgestomp.
“Auto-pilot”is aan.
Wat het geword van ons drome… die sterre in ons
oë? Net omdat dinge nie uitgewerk het
soos ons gehoop het nie, beteken nie dat dit buite die kwessie is nie. Moenie met tweede beste tevrede wees
nie. Jy verdien eerste prys.
Laat jouself toe om daardie drome op te diep en
begin jou oorwinnings en deurbrake visualiseer.
NIKS is onmoontlik nie.
Net soos wat jy ‘n vlammetjie kan aanblaas solank
daar nog ‘n gloeiende kooltjie is, net so kan jy jou drome weer aktiveer. Toe,
toe, toe! Waarvoor wag jy?
No comments:
Post a Comment