Eksodus 15:3 Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam
is ‘die Here’!
Wanneer ‘n kind leer loop, val hul gewoonlik ‘n paar
keer. Ek weet van geen kind wat nog ooit
gaan sit het en gesê het: “Dit is nou genoeg, ek gaan nie weer probeer nie.” Nee, hul probeer keer op keer. Dis deel van ons DNA… om weer en weer te
probeer.
Dan word ons groot en op ‘n dag tref teespoed of
terugslae ons. Hoekom gee party van ons
dan boedel oor? Net soos wat jy as
kleuter aanhou probeer het, moet jy vandag steeds nie tou opgooi nie. Hoe meer daardie klein mensie probeer, hoe
sterker word die spiertjies. So wanneer
jy keer op keer opstaan nadat jy platgeslaan is, versterk jy ook jou geestelike
spiere.
Moenie toelaat dat die vyand jou oortuig jy’t nou
genoeg probeer nie. As jy nie meer kan
nie, laat God toe om jou op te help en probeer nog een keer.
No comments:
Post a Comment