Prediker 9 : 10 Doen met toewyding alles wat jou hand vind om
te doen
Verlede week verjaar ‘n familielid, en ek vergeet om
haar te skakel en geluk te wens. Eers
die volgende dag onthou ek en voel verskriklik sleg. In plaas van om onmiddellik die telefoon op
te tel en haar te skakel, stel ek uit, met katastrofiese gevolge. So onthou ek eers weer die volgende dag dat
ek nog nie gebel het nie.
Soos die spreekwoord lui, van uitstel kom afstel. Ek het al geleer dat ‘n mens dit wat jy nie
van hou om te doen nie, eerste moet doen, want as jy dit nie dadelik doen nie,
gaan jy uitstel en dit nooit doen nie.
So byvoorbeeld sal ek elke dag wasgoed was, maar ek hou niks daarvan om
die wasgoed af te haal of te stryk nie.
In die geval kan ek nie eerste doen waarvan ek nie hou nie… daar is ‘n
sekere volgorde.
Dit is waar toewyding inkom. As jy iets begin, maak dit klaar. Wanneer wasgoed gewas en opgehang is, moet jy
dit afhaal en stryk.
Partykeer spring ons vol ywer weg, maar dan verloor
ons spoed. Doen alles (wat jou hand vind
om te doen) van begin tot einde met toewyding.
No comments:
Post a Comment