Spreuke 3 : 5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou
eie insigte staat maak nie.
Gister het ek jou vertel van ons ontvangsdame wat
kanker het en dat sy, volgens die dokters, net 2 maande het om te leef.
Hoe maklik glo ons nie sogenaamde feite nie. As die dokter na verskeie tipe ondersoeke so
sê, dan moet dit so wees. Dis half asof
ons verstand ons geloof oorheers. As ons
volkome op God vertrou… glo dat Hy ‘n God van wonderwerke is wat hierdie kanker
kan genees, al sê die medici ook wat, dan sal dit so wees. Die teks hierbo sê baie duidelik dat ons nie
op ons eie insigte (verstand) moet staatmaak nie.
Net so glo jy ook dalk die feite wat jou verstand /
logika jou mee konfronteer. Maar vandag
wil ek jou uitdaag… moenie toelaat dat jou verstand jou geloof kniehalter
nie. Logika sê vir jou, jy sal nie op
jou ouderdom ‘n lewensmaat vind terwyl jy nooit uitgaan nie… Jy kyk na jou
bankbalans en na hoeveel dae nog tot volgende betaaldag voorlê en jy weet
verseker dat daar nie ‘n manier is dat jy dit nie gaan maak nie… jy is werkloos
en jy ‘weet’ dat daar nie ‘n kat se kans is om ‘n pos te kry nie, want die
feite is daar – jou ouderdom, jou velkleur, die area waar jy woon… alles is
teen jou… by die werk is ‘n persoon wat die lewe vir jou hel maak en jy weet
verseker jy kan nêrens heen gaan, want jy’t die werk nodig en daardie persoon
gaan ook nêrens heen nie, so jy moet maar vasbyt en die ‘abuse’ vat… Al hierdie teenargumente vir ‘n wonderwerk is
feitelik korrek, maar God werk nie volgens feite nie. God kan en wil vandag nog wonderwerke laat
gebeur. Al wat nodig is, is geloof.
Ek en jy gaan elke feit wat ons verstand ons mee
konfronteer wegstoot (met mening) en dit met onverdunde geloof vervang. Daarom is dit heel van pas om God reeds te
loof vir wat Hy gaan vermag.
No comments:
Post a Comment