Markus 10:46 Daarna kom hulle in Jerigo aan. Toe Jesus en
sy dissipels en 'n aansienlike menigte weer daarvandaan verder gaan, sit daar
'n blinde bedelaar, Bartimeus, seun van Timeus, langs die pad.
‘n Bedelaar
was eendag besig om van deur tot deur te loop en bedel. By elke huis klop hy en vra of die inwoner
nie vir hom iets het om te eet nie. Meeste
mense jak hom af, maar daar is darem ook diegene wat hul harte vir hom
oopmaak. By een van die huise sê die
eienaar dat hy moet wag. Kort daarna kom
die eienaar uit en gee hom ‘n boks met vrot vrugte.
Die
bedelaar neem dit en bedank die eienaar vriendelik.
Die
volgende middag is daar weer ‘n klop aan die deur. Toe die eienaar oopmaak, staan die bedelaar
daar met dieselfde boks vol blomme. “Dis
vir u, meneer… om dankie te sê vir die vrugte wat u vir my gegee het.”
Die
eienaar is uit die veld geslaan. “Hoekom
gee jy vandag vir my ‘n boks vol pragtige blomme. Die vrugte wat ek gister vir jou gegee het,
was vrot. Ek verdien dit nie.”
Toe
antwoord die bedelaar eenvoudig: “Meneer,
ons gee maar almal dit waarvan die hart van vol is.”
Wanneer
jy kyk hoe mense bedelaars of randfigure behandel, is daar nie baie mooi in
mense se harte nie. Hoe lui die
gesegde: “Mense sal maklik vergeet wat
jy gesê het, maar hulle sal altyd onthou hoe jy hul laat voel het.” Handelinge 20:35 Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir
julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help
No comments:
Post a Comment