Lukas 7 : 44
Hier
word die verhaal vertel van ‘n vrou van losse sedes wat van Jesus gehoor het en
toe sy hoor dat Hy in haar omgewing gaan wees, neem sy ‘n albastefles met duur
aromatiese olie saam. Toe sy by Hom kom
moes sy seker gevoel het sy is nie werd om voor hom te verskyn… dalk was sy
skaam, maar ons lees sy gaan kniel agter Hom en huil so dat haar trane op Sy
voete val en sy haar hare gebruik om dit af te droog.
Die
Fariseër het dit gesien en was nie beindruk dat Jesus Hom met ‘sulke’ soort ophou
nie. Sondiges! Hy het sommer vir Jesus oor dieselfde kam
geskeer. (vers 37 39)
Jesus
het Hom vererg en vir Simon Petrus (die Fariseër) gesê hy moet na die vrou
kyk. Jesus het iemand gesien met ‘n
opregte hart en ware berou. Simon Petrus
het ‘n prostituut en verloorder gesien.
Hy weeg haar en vind haar te lig vir God se koninkryk. Jesus skok almal deur te sê: “Jou sondes is vergewe.”
Nakennis
is wonderlik, want dit bied jou ‘n kykie op die uiteinde van ‘n saak, maar hoe
sou ons opgetree het?
Ook
ek staan beskaamd en skuldig voor God, want partykeer oordeel ons met menslike
insig, seker een van die gevaarlikste dinge, want ons sien net wat ons wil
sien.
Ons
ken die binnekant van die kerk so goed, dat ons vergeet het hoe dit daarbuite
lyk en as iemand van ‘buite’ dit binne durf waag, oordeel ons.
Mag
God dieselfde genade teenoor ons betoon as wat Hy teenoor hierdie vrou betoon
het.
No comments:
Post a Comment