Psalm 34 : 2 Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal
altyd op my lippe wees.
Wanneer
jy jou oë oopmaak, wat is die eerste ding waaraan jy dink? Wat is die eerste
ding wat jy sê? Baan jy die weg vir
sukses, voorspoed en seën? Of sug jy en
begin die dag al morrend en brommend. Onthou
dat jy is wat jy dink. Gelukkig kan ons
elke dag van vooraf begin, so vandag kan die eerste dag van die res van jou
lewe word en jy is aan die stuur daarvan.
Gister
mag dalk nie verloop het soos wat jy dit graag sou wou gehad het nie, maar
vandag is ‘n splinternuwe dag. Ons
behoort elke dag met afwagting uit te sien na dit wat God vir ons in stoor het.
Rondom
jou mag dit dalk nie so goed lyk nie. Jy
mag jouself in minder gunstige omstandighede bevind of jy mag dalk omring wees
deur negatiewe mense wat voortdurend kla en jou ook probeer aftrek, maar jy
hoef dit nie te word nie.
Jy sê dis nie
so maklik nie… Gebruik jou geheime
wapen. Lofprysing! Hoe erger dit raak, hoe harder prys jy
God. Styg uit bo jou omstandighede. Stap soos die ribbok op hoë plekke, waar Hy jou
veilig sal laat loop.
No comments:
Post a Comment