Psalm 37 :
19 In tyd van nood sal hulle nie verleë
staan nie, in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.
Die
teks is jou versekering wanneer dinge skeefloop. Kind van God, jy sal nie verleë staan
nie. Al is omstandighede hoe haglik,
hoef jy nie bang te wees nie. Al styg die
petrolprys en verswak die rand, al styg die werkloosheidsyfer, al dreig onrus…
vir jou sal daar altyd genoeg wees.
God
openbaar Sy krag aan diegene wat Hom allereers soek, veral gedurende tye van
beproewing. Maak nie saak hoe groot die reus
wat voor jou staan, God is groter. Hy
sal ‘n weg baan waar uitkoms onmoontlik lyk.
Te
midde van omstandighede, verklaar jou geloof in God. Die
Here is my Herder, NIKS sal my ontbreek nie.
Moenie twyfel nie. Ja,
omstandighede is donker, maar God is steeds daar.
Here,
ek vertrou u blindelings. Al bewe my lippies,
verklaar ek onomwonde dat U my enigste hoop is en ek weet dat U vir my gaan
deurkom. Ek glo dat U my nie beskaamd
sal laat staan nie. U Here is my rots en
my sterkte.
No comments:
Post a Comment