Efesiërs 1 : 18 – 19 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat
julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die
heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy
krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
Ons
het nie ‘n watertenk nie, maar ons bad is al amper ‘n jaar lank ons “Jojo-tenk”
en dan het ons ook emmers en plastiekhouers.
Omdat water tydens die droogte so ‘n kosbare kleinood geword het, het ek
al menigmaal met leepogies na die reën staan en kyk, hulpeloos terwyl dit
wegvloei omdat al my houers propvol is.
Die
probleem lê nie by God se voorsiening nie, maar by my kapasiteit om te
ontvang. As ek meer of groter houers gehad het, kon ek meer ontvang.
Dieselfde beginsel geld in ons lewens. Ons dink ons het ons limiet bereik. Ek sal nooit 'n bestuurder word nie... ek sal nooit ryk wees nie... ek sal nooit oorsee reis nie... ek sal vir die res van my lewe sukkel... Nee, jy moet
ontslae raak van jou klein houertjies.
Die God wat jy dien, is nie suinig nie. Hy beskik oor onbeperkte
voorsiening.
Die
probleem lê nie by God nie, maar by ons onvermoë om Sy vermoë te verstaan. Vergroot jou kapasiteit om te ontvang deur jou
denke te verander. Dink en droom in “God-sizes”.
No comments:
Post a Comment