Johannes 12 :
24 Dít verseker Ek julle: As 'n
koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy
sterwe, bring hy 'n groot oes in
Dis ‘n
gegewe dat ons beproewings en uitdagings in die lewe sal ervaar. Wat ons egter dikwels uit die oog verloor, is
dat ons, as gelowiges, ‘n lewegewende saad van God binne ons het. As ons dus deur ‘n moeilike tyd gaan of teleurstelling
ervaar, voel ons dikwels begrawe, miskien nie onder die grond nie, maar wel
onder ellende. Ons is op ‘n koue, donker
en alleen plek. Jy mag dalk soos die
koringkorreltjie voel, begrawe en besig om te sterf, maar dis nie die einde
nie; dis einlik die begin. Sien, daar is
‘n verskil tussen begrawe en geplant. Begrawe
is die einde. Plant is die begin van nuwe
lewe.
Soos
daardie saadjie ontkiem en die groen lewe deur die grond breek, so gaan jy ook terugkom.
En jy gaan nie net terugkom nie, jy gaan beter en sterker wees, want een saadjie
raak ‘n koringaar. En ja, die saadjie
moet doodgaan, maar uiteindelik is daar verbetering in stoor vir jou en vooruitgang.
Sulke
tye moet jy jou hakke inskop en hardnekkig weier om onder te gaan. Verklaar:
“Ek weet dis moeilik (die grond is hard), maar ek gaan nie vir altyd
hier onder die grond begrawe bly nie.
Hierdie verlies, teleurstelling, onregverdigheid… gaan nie my drome
kelder nie. Ek is platgeslaan, maar nie
verslaan nie. Ek gaan weer opstaan,
beter en sterker as ooit vantevore.
No comments:
Post a Comment