I
Thessalonisense 5:18 Wees in alles
dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
Mense
het kort geheues. Ons vergeet so maklik van die moeilike tye… tye waartydens
ons op ons kniee deurgebring het… biddend, smekend… dat God uitkoms moet
bring. Dink nou maar aan die onlangse
droogte in die Weskaap. Ons het
voortdurend gebid vir reen en toe God voorsien… hoeveel dankseggingsdienste is
daar gehou? Hoeveel van ons het
teruggegaan en God gedank vir die reen.
Hoe
kan ons God weer vir hulp vra as ons nie eens die ordentlikheid het om dankie
te se vir die reen nie? Of is ons so
arrogant om te dink dis Winter so dit moet eenvoudig reen.
En
tog bly God geduldig. Tog hou Hy aan om
ons te seen, sonder dat ons dit verdien en dalk juis as gevolg van ‘n klein groepie
wat wel onthou het om dankie te se.
Die
droogte is nog lank nie gebreek nie. In
die Weskaap is die damme net so oor die 50% vol en in die Ooskaap bly dit
droog. Julie maand was van die droogste
in ‘n lang tyd. Ja, ons het lieflike
dae, selfs warm dae, maar sonder voldoende water is ons gedoem. Ek kan nie help om te wonder of dit nie God
is wat die sluise toehou sodat ons kan besef dat Hy selfs in die middel van die
Winter dit nie sal laat reen as ons nie daarom vra nie.
Hou
aan om God te nader in gebed. Hou aan om
te vra. Hy is ‘n vrygewige gewer, maar
onthou ook om dankie te se.
No comments:
Post a Comment