Jesaja 5 : 14 –
15 Al die mense wat nou skree en juig,
sal saam afgaan na die doderyk, ook die belangrike mense. Dan sal die hoogmoedige mense nie meer
belangrik wees nie.
Mense
praat nie graag oor die dood nie. Selfs soos jy hier lees wonder jy dalk hoekom ek nou juis oor so iets moet skryf. Dis ‘n
onderwerp wat ons vermy. Hoekom weet ek
nie, want dis een van die min dinge waaroor ons sekerheid het. Niemand lewe vir altyd hier op aarde nie.
Dood
is ook die groot gelykmaker. Wanneer ons
sterf, kan ons niks saamneem nie. Ja,
ons kan dalk in ‘n deftige kis begrawe word en ‘n groot begrafnis kan gehou
word om te wys hoe belangrik ons is.
Daar kan selfs baie mense op ons begrafnis wees omdat ons so ‘n baie
belangrike persoon was. Wanneer ons
egter die doderyk betree, is ons gelyk.
Dood
is nie opsioneel nie. Ons is elkeen een
dood skuldig. Elkeen van ons moet
daardie paadjie stap. Dis ‘n eensame paadjie
as jou siel nie gered is nie, maar ‘n blye dag as jy gered is, want Jesus staan
met ope arms, gereed om jou te verwelkom.
Daarom
is dit so belangrik om seker te maak dat jy gereed is vir daardie dag. Dis geen geheim dat ons nie een weet wanneer
ons uurglas gaan leegloop nie. Party van
ons is uitstekende beplanners. Ons beplan
alles in die fynste besonderhede, maar ons wil dalk nie ‘n begrafnispolis
uitneem of ‘n testament opstel omdat ons reken dit trek die dood aan. Ek het al van soveel mense gehoor wat se hul
wil nie daaroor praat nie, want dan gebeur dit dalk. Dit gaan een of ander tyd gebeur, hoekom nie
gereed wees nie.
En
maak seker jou siel is gered sodat dit net jou aardse liggaam is wat begrawe
word, maar dat jou siel die Ewige Lewe sal beerwe.
No comments:
Post a Comment