Eksodus 23 : 16
“Die fees van die oes moet gevier word met die eerste opbrengs van wat jy op die
land saai. “Die fees van die insameling moet gevier word aan die einde van die
jaar wanneer jy die vrug van jou arbeid ingesamel het op die lande.
Thursday, 31 December 2015
Wednesday, 30 December 2015
Die Here sal sorg
Deuteronomium 11 : 15
Die Here sal sorg vir groen gras op julle veld vir julle vee, en julle sal oorgenoeg hê om te eet.
Die Here sal sorg vir groen gras op julle veld vir julle vee, en julle sal oorgenoeg hê om te eet.
Tuesday, 29 December 2015
God gee om vir jou
Matteus 6 : 30
As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word,
so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle
kleingelowiges?
Monday, 28 December 2015
Hul sal op geil veld wei
Esegiel 34 : 14
Ek sal vir hulle sorg vir goeie weiding. Hulle sal wei op die hoë berge van Israel en rustig daar in die goeie weiveld lê en herkou. Hulle sal op geil veld wei daar in die berge van Israel.
Ek sal vir hulle sorg vir goeie weiding. Hulle sal wei op die hoë berge van Israel en rustig daar in die goeie weiveld lê en herkou. Hulle sal op geil veld wei daar in die berge van Israel.
Sunday, 27 December 2015
Onderhou die wet
Josua 22 : 5
Sorg net dat julle die gebod en die wet wat Moses die dienaar van die Here julle opgelê het, getrou onderhou, naamlik om die Here julle God lief te hê en volgens sy wil te lewe, sy gebooie te onderhou, aan Hom getrou te bly en Hom met julle hele hart en siel te dien.”
Sorg net dat julle die gebod en die wet wat Moses die dienaar van die Here julle opgelê het, getrou onderhou, naamlik om die Here julle God lief te hê en volgens sy wil te lewe, sy gebooie te onderhou, aan Hom getrou te bly en Hom met julle hele hart en siel te dien.”
Thursday, 24 December 2015
Jesus word gebore
Matteus 2 : 1
Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom
Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom
Wednesday, 23 December 2015
Wat gaan ons Hom noem?
Matteus 1 : 20
Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”
Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”
Tuesday, 22 December 2015
Dit was nie maklik vir Maria en Josef nie
Matteus 1 : 18 + 19
Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek.
Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.
Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek.
Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.
Monday, 21 December 2015
Hy's op pad
Markus 1 : 2
In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak.
In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak.
Sunday, 20 December 2015
Genade en vrede
Filemon 1 : 3
Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
Thursday, 17 December 2015
Vergeet van die wraak
Miga 2 : 1
Ellende wag vir julle wat rampe teen ander beplan, wat op die bed lê en dink aan kwaad om te doen, wat dit vroeg in die môre gaan uitvoer omdat hulle die mag in die hande het.
Ellende wag vir julle wat rampe teen ander beplan, wat op die bed lê en dink aan kwaad om te doen, wat dit vroeg in die môre gaan uitvoer omdat hulle die mag in die hande het.
Wednesday, 16 December 2015
Gehoorsaamheid om reg te regeer
1 Konings 3 : 9
Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!”
Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!”
Monday, 14 December 2015
Liefde
Psalm
118:29 Loof die Here, want Hy is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie.
Die jaar snel ten einde.
Akademiese instellings het reeds gesluit en vandag maak die bouers en
fabrieke heelwaarskynlik ook klaar. Baie
mense se vakanse begin ook gewoonlik hier rondom hierdie dae.
As jy op die jaar terugkyk, hoe lyk dit vir jou? Sien jy ‘n slagveld van gebeurtenisse wat jou
lewe ontspoor het, of kyk jy terug op ‘n jaar wat vir jou seepglad verloop
het? Hoe dit ookal sy, die afgelope dae
en maande van 2015, sal ons nooit weer terugkry nie… dis verby. Sommige sien rykhalsend uit na 2016, hopende
dat dit beter sal gaan… vir ander is dit omt’ewe.
As ek op my eie jaar terugkyk, sien ek dat dit ‘n interessante pad
was. Daar was heelwat hoogtepunte, maar
daar was ook geweldige laagtepunte. Die
goue draad wat ek egter sien, is God se voetspore, al voor my uit. Soms het ek mooi in hul gevolg, maar ander
kere het ek my eie roete gevolg. Dit was
gewoonlik waar ek teespoed opgetel het.
Vandag kan ek vir God innig bedank vir Sy geduld en liefde vir my en my
geliefdes. Sonder Hom sou die pad veel
moeiliker gewees het.
Mag God ons elkeen se voetstappe rig tot aan die einde van 2015, maar
ook in die nuwe jaar wat voorlê.
Al is ons soms eiesinnig en eiewillig… al raak ons
opstandig en mismoedig… al verstaan ons nie altyd en raak ons ongeduldig, wil
ons tog vra, Hemelse Vader, dat U ons elke dag sal herinner aan U liefde en die
wete dat daaar geen einde daaraan is nie.
Ons loof en prys U, Grootte God.
A.g.v. vakansiedae en skoolvakansie sal daar na vandag geen dagstukkies wees tot en met 17 Januarie nie, maar daar sal elke dag 'n teksgedeelte spesiaal vir jou gepubliseer word. Mag elke teks jou bemoedig en inspireer.
Sunday, 13 December 2015
'n Stukkende beursie
Haggai
1 : 6 Julle het baie gesaai, maar min
geoes; julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors
gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos 'n
dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek.
God praat met die volk oor die heropbou van die tempel. In Haggai lees ons dan dat mense reken die
tyd om die tempel te herbou het nog nie aangebreek nie, selfs al het Cyrus dit
al agtien jaar voor dit beveel.
God gebruik Cyrus om vir hulle ‘n taak te gee, maar hulle glo die tyd is
nie reg nie. Hulle sal dit later
doen. Jy kan jou voorstel hoe hulle, net
soos ek en jy geldige verskonings sou uitdink hoekom die tyd nog nie gereed is
nie… ons is te besig, die ekonomie…
ander belangriker dinge wat wag… En so
stap die tyd aan, agt jaar later. Ongehoorsaam?
As jy ooit gewonder het wat gebeur as ons nie doen wat God van ons
verwag nie, is die antwoord in vers ses.
Ons saai, maar daar’s amper niks om te oes nie, ons drink water, maar
ons dors word nie geles nie, ons steek ons geld in ‘n sak met ‘n gat in.. Is dit dan ‘n verrassing hoekom dit met ons
gaan soos wat dit gaan? Is ons nie in
hierdie situasie omdat ons nie na die stem van God wil luister nie? Vers sewe laat jou nogal nadink: “Neem ter harte wat met julle gebeur.”
Is daar iets wat God van jou verwag om te doen wat jy voortdurend
uitstel? Ons kan uitstel of ons doof
hou, en voortploeter in omstandighede, of ons kan besluit om gehoorsaam te wees
en skouer aan die wiel te sit.
Thursday, 10 December 2015
Deel jou geheime met God
1
Korintiërs 2 : 9 –
10 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die
oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens
nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet . Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend
gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van
God.
Met wie deel jy jou diepste geheime? Meeste mense deel dit met iemand naby aan hul
soos hul eggenoot, familie, vriend(in).
Die vereiste om hartsgeheime met iemand te deel is gewoonlik dat die
persoon moet kan verstaan waardeur jy gaan.
Hul moes dalk al self deur so iets gegaan het.
Met wie deel God Sy gedagtes?
Volgens die skrifgedeelte ken die Gees die diepste geheimenisse van
God. Dieselfde Gees woon in ons, wat dus
ook aan ons die gedagtes van God openbaar.
Dit is vir God belangrik dat jy weet wat Hy van jou dink. Hy wil Sy planne aan jou openbaar en aan jou
dinge wys wat jy nog nooit gesien het of van gedroom het nie. As ‘n gelowige is jy sy kind, maar ook sy
vriend.
Daarom hoef jy nie jou geheime met ander te deel nie. God wat jou naaste vriend en vertroueling is,
is al wat jy nodig het. Bou aan jul
verhouding van boesemvriende, die een met wie jy alles deel, die een wat jy
vertrou om daar te wees vir jou wanneer almal rondom jou laat spaander. Hy ken reeds elke gedagte van jou, maar Hy
wil so graag dat jy met Hom daaroor gesels.
Wednesday, 9 December 2015
Die gedruis van branders
Psalm
42 : 7 waar die waters teen mekaar raas
en u waterstrome bruis. U het golf na golf oor my laat slaan.
Liewe mens, God wil ‘n vloed van Sy krag en genade oor jou lewe laat spoel. Nie ‘n stroompie of ‘n riviertjie nie, maar ‘n
vloed. Dit beteken ‘n vloed van
hernuwing, genesing, vrymaking, opheffing.
Moenie in ‘n groef verval en op klein veranderinkies hoop nie. Moenie vir een oomblik dink waar jy jou nou
bevind, is waar jy die res van jou lewe gaan deurbring nie. Groot verskuiwings is in die vooruitsig vir
jou. Die veranderings gaan
lewensveranderend wees en ek hoop jy is gereed hiervoor. Begin jouself geestelik voorberei vir groot
dinge wat op die punt staan om te gebeur.
Voor jou geestesoog, sien ‘n tsunami, nie een van vernietiging nie, maar
een wat vir jou ‘n pad oopkloof waar dit onmoontlik gelyk het. Sien hoe God al die onaangename gebeurtenisse
van die afgelope jaar uitwis met een brander van vernietiging van die
bose. Hy wil vir jou ‘n skoon blaadjie
gee om op te begin.
Onlangs het ons gebid vir reën en kort daarna was daar
oorstromings. Net so is daar dikwels
droogte in ons lewens, maar wanneer God die sluise van die hemel oopmaak, vee
dit alles weg en bring dit nuwe lewe.
Ons is net nie altyd gereed vir die oorvloedige hand waarmee God uitdeel
nie. As ons damme gebou het terwyl ons gebid
het, sou daar nie soveel skade aangerig gewees het nie, maar ons wil bid en
hoop ten beste op so ‘n doutjie van verligting.
Dit waarna jy smag, dit waarvoor jy bid, dit waarvoor jy hoop… dit staan
op die punt om te gebeur. Hoor jy die
gedruis van die waters?
Tuesday, 8 December 2015
Alles werk ten goede mee
Romeine
8 : 28 Ons weet dat God alles ten goede
laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is
Op hierdie presiese oomblik is God besig om agter die skerms te
werk. Jy mag dalk mismoedig gewag wees
omdat jy bid en niks gebeur nie, maar ek verseker jou dat God nie handjies
gevou sit terwyl Hy kyk waardeur jy gaan nie.
Die situasie mag dalk onmoontlik lyk of jy mag dalk erg bekommerd wees
dat jy uit tyd uit hardloop, maar jy hoef nie bang te wees nie, want God is
altyd betyds.
Ek moes vandag ‘n spesifieke bedrag geld betaal en ek het dit eenvoudig
nie gehad nie. Oor die naweek bring my
broer vir geld en vanoggend op pad werk toe kry ek ‘n sms vir geld wat in my
rekening inbetaal is. Vrydag het ek
geweet ek moes die geld vandag betaal.
Stel jou dus voor dat ek ‘n naweek binnegaan en nie ‘n benul het waar ek
Maandag die nodige fondse sal vind nie.
Geld val tog nie uit die lug uit nie, veral nie oor naweke nie. Wel, dit het in my geval. Min het ek geweet dat Hy in die harte van
mense besig was om te werk en dat hul Sy roepstem sou gehoorsaam.
Ek vra al hoe lank vir ‘n uitkoms, maar God wag tot op die laaste
nippertjie voor Hy voorsien. En dit is
tog al wat nodig is – dat Hy wel deurkom vir ons. Die geheim is om aan te hou glo in die onmoontlike.
Dit waarvoor jy bid is dalk heeltemal anders, maar die beginsel bly
dieselfde. Al sien jy niks gebeur nie,
kyk met oë van geloof. God sal alles ten
goede laat meewerk.
Monday, 7 December 2015
'Silly Season'
Matteus 20:15 Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil
nie?
As jy al
ooit vissies kos gegee het, sal jy weet dat daardie vissies rustig sal rondswem
totdat die eerste kosblaartjie in die water val, dan storm hul almal na
dieselfde plek.
Dis min of
meer wat hier teen einde November, begin Desember gebeur wanneer ons die ‘silly
season’ ingaan. Ek vermoed maatskappye
reken almal het bonus gekry, so hul begin ‘sales’ hou. Mense storm almal op daardie uitverkopings
af, soos ‘n klomp visse wat kos kry.
Glo my dit
is nie die laaste uitverkoping of spesiale aanbod nie. Iemand het eendag gesê:
“Dit is net ‘n spesiale aanbod as jy dit regtig nodig het.” Moenie toelaat dat advertensies jou uitlok om
jou swaarverdiende geld te gaan uitgee op onnodige items nie.
Daardie
bedraggie wat met betaaldag in jou bankrekening beland, is nie ‘n teiken
nie. Dit is bloot vergoeding vir ‘n
maand se bloedsweet. Gebruik dit vir wat
jy nodig het en sit die res weg. Jy hoef
regtig nie alles te gebruik nie.
Hoekom ons
so onmiddellik ‘n behoefte ontwikkel as ons geld het, gaan my verstand te
bowe. As jy tot nou toe daarsonder kon
kaarkom, kan jy verseker dit verder daarsonder ook doen.
Sunday, 6 December 2015
Nuwe wyn in ou velsakke
Lukas 5 : 37 “En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie.
As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn
vermors en die sakke daarmee heen.
Ons kan nie
voortgaan om dieselfde dinge te doen as ons die dag tot bekering kom nie. ‘n Christen se lewe is anders as die van ‘n
nie-christen. Jou fokus verskuif van dit
wat vir die wêreld belangrik
is, na dit wat vir God belangrik is. God
het geen erg aan klubs en pubs nie. Hy
gebruik nie dwelms of pille nie. Hy het
geen erg aan enige iets wat nie ewigheidswaarde het nie.
Dit sal dus
fataal wees om nie verandering in jou eie lewe te bewerkstellig nie. Die vergelyking met die wyn en die sakke is
heel relevant. Jy kan nie nuwe wyn in ou
sakke gooi nie. Net so kan jy nie jou
nuwe lewe op die ou manier voortsit nie.
Jesus se lewe op aarde is ‘n voorbeeld vir
ons. Hy het nie sy eie gemak of homself
eerste gestel nie. Sy hele lewe was
daarop gefokus om ander te dien. Hy het
nooit sy ‘rang’ as seun van die Koning gebruik nie. Tussen konings en bekendes sou jy hom nie
vind nie, wel tussen gewone mense, meer spesifiek diegene met wie ander nie
juis wou vereenselwig nie.
Hy het nie
die massas gevolg nie, maar eerder Sy eie gevolg geskep. Alles wat Hy gedoen het, was in opdrag van
die Vader en as Hy enigsins getwyfel het, het Hy Homself gaan afsonder en
gebid. Wanneer ander Hom beskuldig of
geslaan het, het Hy nie terugbaklei nie.
Hy’t bloot die ander wang gedraai en vir hul gebid.
Dis nie ‘n
maklike voorbeeld om te volg nie, maar dit is verseker beter as om die res te
volg. Ten minste sal jy in die ewigheid
eindig as jy Hom volg, terwyl ek nie so seker is waar jy sal eindig as jy die
massa navolg nie.
Thursday, 3 December 2015
Geen geweld
Handelinge 5:26 Toe het die bevelvoerder en die wagte die
apostels gaan haal, maar sonder geweld
Sestien dae
van aktivisme teen vrou en kinders… Vir 16 Dae word die kollig geplaas op
geweld teen vroue en kinders. Blykbaar
is Suid-Afrika se statistiek van die hoogstes ter wêreld!
Vroue en
kinders… die weerloses. Hoekom dink
enige iemand dat dit reg is om hul woede of aggressie op iemand swakker of
kleiner as hulle uit te haal? Wat
veroorsaak dat iemand tot daardie punt oorgaan?
Wat ek wel
weet, is dat dit heelwaarskynlik ‘n aanloop het. Dalk manifesteer dit as kind reeds in diegene
wat ander afknou of boelie en daarmee wegkom.
Indien jy die regte groep rondom jou het, kan jy gou voel jy is
onaantasbaar.
Buig die
boompie terwyl hy nog jonk is. Moenie
afknouery of mishandeling van diere duld nie.
Indien iemand van jongs af daarmee wegkom, kan hul glo dat dit
aanvaarbaar is.
Dissipline
en duidelike grense is nodig, met liefde in oormaat. Ek glo dat baie van die geweld beperk kan
word as ouers hul rol in die samelewing ernstig opneem. Stuur ons goed aangepaste individue die lewe
in, of maak ons monstertjies groot?
Respek vir
jouself en vir ander is die grondslag van ‘n goedaangepaste lid van die
samelewing.
Wednesday, 2 December 2015
Enkel en alleen omdat jy glo
Romeine 1:17 In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle
sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe
staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”
“Hoe kan ek seker wees my saak met
God is reg?” vra ‘n kollega my onlangs.
Sy wonder daaroor omdat daar volgens haar soveel ‘goeie’ mense is en sy
voel dat sy tekortskiet wanneer sy haar lewe aan hul lewe meet.
Ek moes met haar saamstem. Oral hoor jy van mense wat goed doen. Hulle gee hul tyd en geld vir diegene wat
behoeftig is. Jy kry ook gereelde
kerkgangers wat jou skuldig laat voel as jy op ‘n reenerige Sondag, na ‘n week
van vroeg opstaan, nie die krag het om kerk toe te gaan nie. En wat van diegene wat Bybelverse kan
aanhaal? Jy voel dalk jy kan dit nie
doen nie en voel jy ken dus nie jou Bybel goed genoeg nie. Daar is soveel voorbeelde van mense wat op die
oog af ‘n perfekte lewe lei, volgens Christelike maatstawe.
Indien jy dan jou eie swakhede herken…
vloek, gebrek aan naasteliefde, min of geen goeie dade, kleingelowigheid, ens,
ens, ens… dan begin jy inderdaad twyfel of jy eendag die hemel sal haal.
God maak dit egter eenvoudig. Glo, en God spreek jou vry… en so sal jy vir
ewig lewe. Al die ander dinge lei
eenvoudig jou aandag af van dit wat werklik saak maak. Glo onwrikbaar en sonder twyfel.
Tuesday, 1 December 2015
Wurms en Skoenlappers
Samuel 14:20 Joab het dit gedoen om 'n verandering in die
loop van sake te bring
Wanneer die
wurm hom toespin in ‘n papie, groet hy sy ou gedaante. Hy sal nie weer ‘n wurm wees nie. As hy weer die lewenslig aanskou, het hy ‘n
algehele metamorfose ondergaan. As
daardie kleurryke skoenlapper uit die papie worstel, kan jy jou beswaarlik
voorstel dat hy eens ‘n wurm was.
Ons moet
soms ook ‘n gedaanteverwisseling ondergaan.
Dit vereis ‘n tyd van stilword… introspeksie. Die buffel wat jy eens was, kan ‘n persoon
word wat ander in ag neem. Die
selfgesentreerde persoon wat jy tot nou was, kan iemand word wat begin om op
ander te fokus. Die persoon wat hom/haar
aan drank vergryp het, kan sonder drank klaarkom. Die persoon wie se oog gedwaal het, kan
getrou word. Iemand wat altyd leuens
vertel het, kan nou die waarheid nastreef.
Verandering
is nooit maklik nie, maar indien jy God vra om jou te help, kan jy dit
doen. Die geheim is liefde, nie vir
jouself nie, maar vir jou medemens.
Indien jy
iemand werklik liefhet, liewer as jouself, sal jy nie meer dit doen wat jou
gelukkig maak nie, maar jy sal begeer om te doen wat die ander persoon gelukkig
maak.
Hoe meer
liefde jy gee, hoe meer sal jy ook ontvang.
Subscribe to:
Posts (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk. Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of oms...
-
Psalm 23 : 6 Net goedheid en guns sal my volg, al die dae van my lewe Daar is soveel mense wat geluk najaag, wat wonder wanneer hul ski...