Samuel is van die Here afgebid. Hanna het egter nie net gevra nie, sy het ook
beloof dat sy die kind vir God sou grootmaak.
Ons weet dat Hanna ‘n vrou van haar woord was. Samuel word in die tempel groot, met Eli as
leermeester.
Israel was nie op ‘n goeie plek nie. In 1 Samuel 3 : 1 lees ons: "die woord van die Here is in daardie
tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie" Die Here was kwaad vir Eli en sy familie en sou
sy oordeel binnekort oor hul voltrek.
Eli se seuns het so min respek vir die Here gehad dat hul selfs die
verbondsark uit die allerheiligste plek geneem het om saam te neem na die
slagveld. Nadat hul dood is, het dit die
einde van die donker, chaotiese tyd van die Rigters beteken. Samuel was ‘n Goddelike leier. Hy lê duidelike reels neer. 1
Samuel 7 : 3 en Samuel het vir hulle
gesê: “As julle met julle hele hart na die Here terugkom, moet julle alle
vreemde gode tussen julle uit verwyder, ook die Astartes. Rig julle harte op
die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red uit die mag van die
Filistyne.”
Die volk sien ‘n leier met visie end it bring mee dat die
Israeliete God opnuut begin aanbid.
Dit is al wat ons nodig het in Suid-Afrika… ‘n ware
Goddelike leier… een wat geen besluit sal neem sonder God se goedkeuring
nie. Net soos Israel, sal die Here ons
ook uit hierdie donker tyd lei as ons 1 Samuel 7 : 3 sal leef. Jy kan ‘n rol in hierdie ommekeer speel. Bid vir ons land en sy huidige leiers (ja,
ons moet steeds vir hulle bid), identifiseer vreemde gode in jou omgewing en
verwyder hul en glo dat God ons uit die slawerny sal bevry waarin ons ons bevind.