“There’s
a trick to the 'graceful exit.' It begins with the vision to recognize when a
job, a life stage, or a relationship is over — and let it go. It means leaving
what’s over without denying its validity or its past importance to our lives.
It
involves a sense of future, a belief that every exit line is an entry that we
are moving up, rather than out.”
‘n
Kollega is in die mark vir ‘n ander motor.
Elke keer as hy iets vind waarvan hy hou, bedink hy homself: “Sê nou maar ek hou nie van die nuwe motor
nie… of die motor is swaarder op brandstof… of my vrou kom nie met dit reg
nie…”
Dit
het my laat dink hoe moeilik dit vir ons is om afstand te doen van dit wat vir
ons bekend is. Soms het ons die pos
ontgroei waarin ons al jare sit, maar ons is te bang om vir ‘n ander pos
aansoek te doen. Of ons is in ‘n
verhouding wat al maande/jare lank nie werk nie, maar ons bly glo dat dit sal
regkom.
As
jy jou motor vervang, beteken dit nie dat die een wat jy tans het nie sy doel
gedien het nie. Wanneer jy gefrustreerd
raak met jou huidige pos, beteken dit nie jy’t nooit daarvan gehou nie. Net so beteken dit nie dat die verhouding nie
iewers in die verlede gewerk het as dit nie nou meer werk nie.
Elke
einde is ‘n nuwe begin. Mense groei,
maar nie almal groei teen dieselfde tempo nie.
Verandering beteken vernuwing.
Soms is mense bang om te laat gaan, want hul glo hul sal nooit weer kry
wat hul nou het nie, maar jy kry gewoonlik meer as wat jy gehad het. Jou hande moet egter oop wees om te ontvang
en nie toegeklem aan die verlede nie.
As
jy bid en God vertrou en Hom ken in alles wat jy doen, sal Hy jou die
regte pad laat loop. (Spr 3 : 6)