Jesaja 57 : 2 Dié wat die reguit pad loop, kom waar daar
vrede is
As verloste kind
van God, put jy krag uit sy Woord. Dit
is die daaglikse brood wat jou geestelike honger stil. Dit is jou kompas in die lewe. God dui die weg aan. Besluite word vanselfsprekend omdat jy Sy
stem hoor. Jy weet wat is reg en wat is
verkeerd.
Dit beteken nie dat jy nooit
weer teespoed gaan teëkom nie, maar dit beteken dat jy nie deur donker dieptes
op jou eie hoef te ploeter nie. Die Lig
is duidelik voor jou, langs jou, bo jou en ook onder jou en al wat jy hoef te
doen is om Hom te volg, waar Hy ook al lei.
Die reguit pad is nie ‘n maklike pad nie, maar die beloning aan die
einde is totale vrede.