2 Samuel 24 : 19
Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het. Vergeef tog my oortreding, Here, want ek het ‘n
baie dwase ding gedoen.
Dis darem nie lekker as jy iets doen waaroor jy
agterna skuldig voel nie, veral as jy iets kwytgeraak het en agterna voel asof
jy jou eie tong kan afbyt of hoop dat die aarde jou moet insluk. Was jy al daar?
As jy swaardra aan skuldgevoelens, wil ek jou
vandag verseker dat jy met God daaroor kan praat. Ons is almal feilbaar en doen een of ander
tyd iets waaroor ons ware berou het. Selfs
Dawid moes voor God kom bieg.
God gee vir Dawid deur die profeet Gad drie keuses
en Dawid kies om liewer in God se hande te val, “want Sy genade is groot. Moenie dat ek in die hande van mense val nie.”
Ook jou skuldgevoelens kan jy met God bespreek, en
ook vir jou sal Hy genade betoon. God
vergewe en Hy betoon genade en liefde al tree ons hoe dwaas op.
Jy hoef nie meer nagte lank wakker te lê of te
wonder hoe jy eers met Hom hieroor kan praat nie. Hy wag dat jy met Hom kom praat en ek weet
dat Hy jou nie net sal vergeef nie, maar dat Hy jou ook sal begenadig. God hou nie boek van die kwaad nie.
Skakel in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of rekenaar kan vind. Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou o.a. "Memories are made of this", musiek wat mooi herinneringe terugbring. 19h00 Wat sê die Woord?, 19h10 Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar of Spandeer en 19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.

Besoek gerus die webblad: www.watsêdiewoord.co.za
No comments:
Post a Comment