Wednesday 28 March 2018

Bekommernis


Spreuke 12:25  Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op.

Worry never robs tomorrow of its sorrow, it only saps today of its joy – Leo Buscaglia

Ons was al almal een of ander tyd daar… die vallei van verlatenheid.  Daardie plek waar alles hopeloos lyk en jy nie enige uitkoms sien nie.  Ons ontwikkel tonnelvisie en sien niks anders as die probleem nie.  Vir meeste van ons is dit nie ‘n tyd vir glimlag nie.  Alles is donker.  ‘n Kombers van depressie omvou jou. 

Miskien is dit waar jy jou vandag bevind.  Jy sien geen rede om aan te gaan nie.  Die lig in die tonnel is vir jou ‘n aankomende trein. 

Probleme wat ons daagliks teëkom, steel dikwels onnodig ons vreugde.  Uitdagings kan nie altyd vermy word nie.  Hoe ons daarop reageer sal egter beslis hoe ons dag verloop.  Die probleem is steeds daar, maar dit hoef nie jou bestaan te oorheers nie.


"Moet nooit môre se bekommernisse met vandag se genade probeer dra nie..." ¬ Anoniem

Tuesday 27 March 2018

Miracles



Miracles are a retelling of the very same story which is written across the whole world in letters too large for some of us to see... ~ CS LewisJohn

Tunnel vision, due to what we are going through, can prevent us from noticing miracles.  Miracles are there, we are just noticing them anymore.  The earth is spinning in the middle of nowhere and nobody is falling off.  Waves know exactly how far to roll onto the shore.  If you look at the quality of a photo compared to what the human eye detects, you stand in awe that the human brain can translate that into pictures with so much detail…  Every Spring trees bloom, come Fall, they lose their leaves…  A tiny newborn animal that stumble onto its wobbly legs minutes after being born and knows exactly where to find nourishment without a word being said… That babies don’t drown or suffocate in a mother’s womb…  That a heavy iron ship can float…

Open your eyes to the miracles… they’re there all the time.

'Miracles happen to those who believe in them...' ~ Bernard Berenson

Monday 26 March 2018

Kettings


Matteus 19:26  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

"Die grootste gevaar is nie dat 'n mens misluk nie, maar dat jy tevrede kan wees met tweede beste..."  ¬ Laurence Peter

Wanneer jy met mense gesels kom jy gou agter dat ons almal op die een of ander manier vasgeketting is.   Ons sal altyd bly waar ons is, want ons is te bang om te misluk.

Party is vasgeketting aan die verlede.   Wat in hul verlede gebeur het, keer dat hul vooruitgaan.  Daar is altyd twyfel oor hul vermoëns, want iemand het in die verlede vir hul gesê dat hul nie goed genoeg is nie. 

Ander is vasgeketting in verhoudings.  Eintlik is dit lankal nie meer ‘n verhouding nie.  Dis net twee mense wat mekaar op elke moontlike manier misverstaan en seermaak. 

Dan is daar diegene wat vasgeketting is aan hul werk.  Jy werk omdat jy moet, nie omdat jy wil nie.  Jy troos jouself dat dit darem ‘n inkomste bied, maar daar is geen uitdaging of bevrediging nie.  Soggens moet jy jouself dwing om op te staan en nog ‘n dag in die oë te kyk, wel wetend dat niks opwindend voorlê nie.

Vir nog iemand is dit verslawing. Of dit nou drank, dwelms, pornografie, dobbel, of wat ookal is, is irrelevant.  Jy weier om te erken jy het ‘n probleem, ten spyte van die feit dat dit jou hele lewe oorgeneem het.  Jou verslawing benadeel almal om jou, maar dit pla jou nie in die minste nie. 

Iemand vra my nou eendag of ek al gewonder het hoe dit moontlik is dat ‘n sirkus olifant nooit losbreek van daardie ketting waaraan hy vasgemaak is nie?  Dit is omdat die olifant gekondisioneer is om te glo dat die ketting daar is om hom te hou waar hy hom bevind… dat dit sy lot is en dat hy dit eenvoudig moet aanvaar.  Die olifant is baie sterker as daardie ketting en as hy wou, kan hy maklik die kettings afgooi.

Is dit nie ook met jou kettings die geval nie?  Jy kan jou kettings afgooi, maar jy is gekondisioneer om jou lot te aanvaar.

Jy glo dat jy nie kan wegbreek nie, net soos die sirkus olifant, maar by God is alles moontlik.  “We forget that IMPOSSIBLE is one of God's favorite words” ― Max Lucado  ‘n Swak selfbeeld… g’n probleem vir God, ‘n wankelende huwelik… daar’s hoop by God, jou werksomstandighede…  God kan vir jou onmoonlike deure oopmaak , jou verslawing…God kan jou verlos. 

NIKS is by God onmoontlik nie.


Sunday 25 March 2018

Jy is 'n wenner


Spreuke 3:5  Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.

“Challenge your limits don’t limit your challenges…” – Juan de Jongh

Jy is tot soveel meer in staat as waarvoor jy jouself krediet gee.  Hoekom is jy altyd jou eie grootste kritikus?  Hoekom twyfel jy aan jou vermoëns?  Hoekom is jy so hard op jouself?

Vir soveel jare oorleef jy al… oorwin jy terugslae… staan jy elke keer op… maak jy dit ten spyte van alles wat teen jou tel.  Jy het soveel om op trots te wees.  Al het jy geval, het jy altyd weer opgestaan.  Niks kon jou nog ooit onderkry nie.

Min mense weet waardeur jy gaan, want jy kla nooit.  Die feit dat jy opstaan en aangaan al is jy gekneus deur die lewe, wys van watter staal jy gemaak is.  Dit was nooit ‘n maklike pad nie, maar jy het hom gestap met jou kop omhoog. 

Jy is ‘n wenner.  Sê dit vandag vir jouself.  Neem volle krediet daarvoor, want God maak nie foute nie.  Hy’t jou geskape met alles wat jy nodig het om enige probleem te oorkom.

Thursday 22 March 2018

Vriende


Johannes 15:13  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

“Don't walk behind me; I may not lead. Don't walk in front of me; I may not follow. Just walk beside me and be my friend…” ~ Albert Camus

Ware vriendskap is skaars.  As jy een opregte vriend teëkom op jou lewenspad, vertroetel daardie vriendskap.  Jy kan baie kennisse hê, maar ware sielsgenote is skaars. 

Die beste raad om ‘n ware vriend te vind, is gewoonlik om ‘n ware viend te wees.

‘n Vriend weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly.  ‘n Vriend kan jou vertroos sonder woorde.  ‘n Vriend is iemand wat daar is in die goeie, maar veral die slegte tye.  Ware vriende huil en lag saam.  Vriende oordeel nie. 

‘n Ware vriend sal jou prys, maar is ook nie skaam om jou te kritiseer nie, want hulle doen dit met liefde en omgee.  ‘n Vriend bemoedig jou en gee nie om as jy 4h00 in die oggend bel vir raad nie, want ‘n vriend is altyd daar.

As jy een opregte vriend het, is jy nie net gelukkig nie… jy is bevoorreg.  As jy daardie vriend is, soveel te beter.

Jesus was so ‘n virend.  Hy sou Sy lewe vir Sy vriende aflê... letterlik.

Watter tipe vriend is jy?

Tuesday 20 March 2018

'n Kwessie van perspektief


“A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour…”  ~ Anonymous

Partykeer werk ons weldeurdagte planne nie uit nie en dan is ons teleurgesteld.  Een ding moet ons egter besef, die lewe is nie ‘n reis met ‘n vasgestelde reisplan nie.  Dit is eerder ‘n avontuur waar jy selde weet wat volgende op jou wag.  Die goeie nuus is dat God goeie planne vir ons het volgens Jeremia 29 : 11. Vir die wat glo, werk alles uiteindelik ten goede mee.

Sommige dele is amper vervelig, maar dan kry jy daardie tye waar jy moet klou vir lewe en dood.  Partykeer bevind jy jouself in dorre woestyne en ander kere weer in ‘n tropiese paradys.  Langs die pad ontmoet jy verskeie mense.  Party sal saam met jou reis en as jy gelukkig is, ontmoet jy daardie een spesiale reisgenoot wat die pad enduit stap en jou reis die moeite werd maak.

Natuurlik sal jy ook diegene teëkom wat jou uitput en beproef.  Hulle dreineer jou met hul negatiwiteit of soms irriteer hulle jou net sonder dat hul enige iets doen.  Ander wil jy baie graag by jou hou, want hul bou jou op en laat jou verlang om in hul geselskap te wees. 
Enige reisiger verdwaal soms.  Dis egter nie altyd ‘n probleem nie, want soms ontdek jy weggesteekte juweeltjies en as jy terugkyk is jy eintlik dankbaar vir die foutjie.  Ja, ons maak foute en neem verkeerde besluite (afdraaie)… ons lees die kaart van die lewe verkeerd, maar dikwels kyk ons met ‘n glimlag terug en erken dat die reis die moeite werd was. 

Dit is alles net ‘n kwessie van perspektief.  Hoe kyk jy na die lewe?

"As jy nie die hele pad wil aandurf nie, waarom hoegenaamd wegtrek?"  ¬ John Namath

Monday 19 March 2018

Bulte


Jesaja 45:2  Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak

Oefening is nie my ding nie.  Ek raak sommer byvoorbaat moeg, maar in ‘n huwelik moet jy gee en neem.  Manlief hou van ‘n meer aktiewe lewensstyl.  So stem ek in om saam met hom fiets te ry.

Mense, as ek maar geweet het wat vir my wag.  Die gelykpad kan nog gaan… ek verbeel my amper dat ek dit geniet, maar daardie bulte!  Ek blaas en sweet agter hom aan.  Hygend hert!

“Is jy ok?” kom Manlief se stem na my. 

Ek knik net my kop, daar’s nie krag vir praat ook nie.  Hoe ver nog, wonder ek terwyl ek weet ons het nog skaars begin.  My bene voel soos lood.  En ek sit moeilik.  Ek is seker daarvan die saal het in ‘n ysterpyp verander. 

“Wil jy nie stop vir ‘n bietjie water nie?” 

Ek beduie nee en trap verwoed.  Gee en neem, gee en neem, maal dit in my kop terwyl my bene ritmies op en af beweeg.  Hierdie bulte!  Kan ons nie maar iewers ry waar daar geen bulte is nie?

In die lewe is daar ook bulte en gelyktes.  Partykeer voel dit of ons ook die een bult na die ander uitbeur.  Ons sukkel finansiëel… alles wat kan verkeerdgaan, gaan verkeerd… Dit voel of alles en almal teen ons is.  Ons kom net nie voor nie.  Ons vee denkbeeldige sweet af. 

Miskien is dit waar jy jou op die oomblik bevind.   Wanneer ons te veel gelykpad ry, dink ons dat ons op ons eie kan klaarkom.  En so dwaal ons af.  Dis tyd om terug te draai na daardie plek waar jy jou afhanklikheid van God besef.  Ken God in alles en Hy sal jou paaie gelykmaak.

Ry ons nog fiets?  Nee, want ek het ‘gelukkig’ soveel pap wiele gekry dat Manlief moeg geword het vir die aktiwiteit.  Ons stap nou in die natuur… waar daar selde gelyktes is.

Sunday 18 March 2018

Ek het nog baie om te leer


Psalm 32:8  Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg

“I've learned that no matter what happens, or how bad it seems today, life does go on, and it will be better tomorrow.

I've learned that you can tell a lot about a person by the way he/she handles these three things: a rainy day, lost luggage, and tangled Christmas tree lights.

I've learned that regardless of your relationship with your parents, you'll miss them when they're gone from your life.

I've learned that making a "living" is not the same thing as making a "life."

I've learned that life sometimes gives you a second chance.

I've learned that you shouldn't go through life with a catcher's mitt on both hands; you need to be able to throw something back.

I've learned that whenever I decide something with an open heart, I usually make the right decision.

I've learned that even when I have pains, I don't have to be one.

I've learned that every day you should reach out and touch someone. People love a warm hug, or just a friendly pat on the back.

I've learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel.”

I've learned that I still have a lot to learn.

― Maya Angelou

Thursday 15 March 2018

Balans


Handelinge 20:35  Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help.

Will you hug that college degree in the walnut frame? Will you ask to be carried to the garage so you can sit in your car? Will you find comfort in re-reading your financial statement? Of course not. What will matter then will be people. If relationships will matter most then, shouldn't they matter most now?”  ― Max Lucado

Roer hierdie aanhaling van Max Lucado iets in jou?  Dalk besef jy vandag skielik dat jy so besig was om te werk, vroeg uit, laat in… oortyd… naweke… En in die proses het jy jou man/vrou, kinders, troeteldiere verwaarloos. 

Dalk het jy die laaste paar jaar die kers aan albei kante gebrand omdat jy by die werk alles ingesit het en saans studeer het sodat jy vir die volgende bevordering in aanmerking kan kom.  Daar is absoluut niks verkeerd met hard werk om jou doelwitte te bereik en deur ambisie gedryf te word nie.  Die probleem kom wanneer daar geen balans is nie. 

Wanneer jy die toppunt van die leer bereik, wil jy die uitsig bewonder saam met hul vir wie jy dit gedoen het.  Moenie toelaat dat jou doelwit so allesoorheersend word dat jy hul agterlaat nie. 

Jou verhouding(s) is net so belangrik soos jou toekoms.  Gee jou alles in jou loopbaan, maar speel met net soveel oorgawe met hul vir wie jy lief is.  Loopbane kan weer op koers kom.  Verhoudings het nie altyd dieselfde vermoëns nie.

Wednesday 14 March 2018

Ontdek jouself

Rut 2 : 3  Sy het toe geloop om in die land te gaan are optel agter die graansnyers aan. Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, die familielid van Elimelek.                 

Rut se lewe was besig om uitmekaar te val. Haar man was dood. Sy het haar tuiste in Moab verlaat en was nie welkom in haar nuwe tuisdorp, Betlehem, nie. Sy was besig om te probeer oorleef en het die beste van 'n slegte saak probeer maak deur net genoeg bymekaar te maak sodat sy kon oorleef. Maar God het besluit om dinge onderstebo te draai. Die snyers het aspris handevol graanare op haar pad laat val. Sy het begin om onverdiende gawes op te tel. Hoekom? Want Boas het haar sien straal en vir sy werkers gesê: "julle moet ook van die are op die grond laat val. Sy mag dit optel," (Rut 2:16). Selfs al het Boas nooit self met Rut gepraat nie, het sy steeds sy seën ontvang.

Hierin lê 'n belangrike les:  Jy weet nie wat God oor jou lewe gespreek het nie, maar skielik verander alles!  Deure gaan oop, geleenthede kom oor jou pad, mense wat jy gedink het jou nie eers raaksien, of van jou hou nie, begin om goedgunstig teenoor jou op te tree. Wat is besig om te gebeur? Jou voetstappe word gerig deur die Here (sien Ps. 37:23).

Toe die Israeliete in die Beloofde Land ingegaan het, het God vir hulle gesê: “Ek gee aan julle "wingerde wat jy nie geplant het nie," (Deut. 6:11). God kan jou in situasies plaas waar ander die werk doen en jy die voordeel daaruit trek. Jy hoef nie eers bekommerd te wees of jaloers te word op iemand omdat jy dink iemand anders gaan dit kry wat aan jou behoort nie, want niemand behalwe jy kan dit bymekaarmaak nie.

Rut het een doel nagestreef en haarself skielik in 'n ander een 'bevind'. Toe Boas haar naam geroep het, het sy uit die agtergrond uitgestap na die voorgrond van seën. In plaas daarvan dat sy in die hoekie op die landery moes werk, het sy nou haar eie landerye besit.

Wanneer God begin beweeg, gebeur alles vinnig. Wees gereed!

(Outeur onbekend)

Tuesday 13 March 2018

Wie hoort in jou lewe?


Rut 1:16,  Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God;                  

Rut het vir Naomi gesê: "Waar u gaan, sal ek gaan." Jy kan jou lewe op enige plek saam met enigiemand deurbring terwyl jy enigiets doen, en dan skielik iemand ontmoet met wie jy 'n spesiale band voel. Dit is wat Elia laat besluit het om op te hou boer en vir Elisa, 'n eksentrieke profeet, te volg. Dit is waarom Timoteus sy tyd in die geselskap van Paulus, 'n ou man wat binnekort tereggestel sou word, deurgebring het. Jy weet net, jou intuïsie vertel vir jou: "Ek gaan nie my doelwit sonder jou in my lewe bereik nie." Wanneer jy terugkyk, besef jy as jy nie daardie spesifieke persoon ontmoet het, telefoonoproep beantwoord het, of e-pos gelees het nie, sou jy nie vandag gewees het waar jy is nie.

Aan die ander kant: "Orpa het van haar afskeid geneem," (Rut 1:14).

Die feit dat Orpa weggegaan het, maak nie van haar 'n slegte persoon nie. Dit beteken net dat haar deel van die verhaal verby was. Soms moet jy erken dat iemand se rol in jou lewe verby is, anders probeer jy net heeltyd om 'n dooie op te wek. Dawid het vir God gesmeek om sy pasgebore baba se lewe te red. "Hy het aanhoudend [ge]vas, hom terug [ge]trek en op die grond [ge]lê," (2 Sam 12:16). "Maar toe die kind gesterf het, moes hy aanvaar dat hy niks meer kon doen nie, dus "het Dawid opgestaan, gaan was, aangetrek… en hy het geëet" (2 Sam 12:20).

Jy moet erken wanneer iets verby is. As God wil hê dat jy dit moet hê, sal Hy dit vir jou gee. As jy probeer om iets te laat werk en dit werk nie, moet jy sy wil in die saak aanvaar. Staan op, gaan stap, koop vir jouself 'n nuwe uitrusting, gaan eet 'n lekker bord kos en begin weer om te lewe! Moet nooit iemand smeek om teen hulle wil by jou te bly nie.

Die feit dat hulle weggaan is nie per ongeluk nie. Dit beteken net dat God iets beter vir jou (en dalk ook vir hulle) beplan. Vertrou Hom en beweeg vorentoe!

(Outeur onbekend)

Monday 12 March 2018

Jy word sterker deur jou swaarkry


Rut 1 : 5  Toe haar twee seuns Maglon en Kiljon ook sterf, het sy alleen agtergebly sonder haar seuns en sonder haar man

Rut en Orpa was met Naomi se seuns getroud.  Naomi se man het reeds afgesterf.  Toe hulle mans gesterf het, het Naomi, Rut en Orpa iets in gemeen gehad.  Hierdie gemeenskaplike kruis het 'n unieke bindingsproses teweeg gebring. Dit is moeilik om te verstaan as jy nog nie daardeur gegaan het nie. Dit is 'n gemeenskaplikheid wat nie deur ouderdom, ras, geslag, agtergrond of status geskep word nie, en dit bring verskillende mense bymekaar. 

Wanneer jy seer het, help dit nie om begrip en ondersteuning te soek by die mense wat nog nie in jou skoene geloop het nie. Mense kan nie iets aan jou gee wat hulle nie het nie.
Verder gaan jy soos 'n slagoffer bly voel totdat jy begin sin maak van jou pyn en die groter prentjie en doel daaragter begin sien. As jy eers God se guns sien werk het, en sy hand in alles raaksien, kan jy begin om vorentoe te beweeg, om te trou, om nog 'n kind te kry, 'n ander werk te soek, 'n nuwe droom te droom, en om weer te leef.

Charles Spurgeon het geskryf: "Net soos ou soldate hulle wonde en verhale met mekaar s'n vergelyk, sal ons eendag in ons Hemelse tuiste mekaar vertel van God se getrouheid wat ons deur alles gebring het. Ek sal nie daarvan hou om uitgewys te word as die een wat nooit hartseer beleef het, of om die een te wees wat soos 'n vreemdeling voel in daardie heilige geselskap nie. Daarom moet ons tevrede wees om deel te wees van die stryd, want ons sal binnekort die kroon dra.

Wanneer die lewe skielik verander en jy moet baklei om net aan die anderkant van die dag uit te kom, herinner jouself daaraan dat Satan nie die stuurwiel uit God se hande gesteel het nie. Nee, God is bewus van alles waardeur jy gaan en Hy het steeds 'n plan vir jou lewe. Word bemoedig. Jy word sterker deur jou swaarkry. Oorwinning word gebore vanuit struweling.  Hou sy hand vas; Hy sal jou deur dit alles dra!

(Outeur onbekend)

Sunday 11 March 2018

God het 'n ander uitkyk


1 Korintiërs 1:27 En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam,          
Daar word 'n verhaal vertel van Elzéard Bouffier, 'n wewenaar van 55 jaar wat in 1910 in 'n Franse dorpie gewoon het en omring was deur armoede en moedeloosheid. Hy het besluit om iets te doen. Hy het duisende akkers bymekaargemaak en oral geplant. Toe hulle begin wortelskiet, het hy beukehoutbome begin kweek. Toe hulle jong boompies was, het hy berkebome geplant. 

Op 'n dag - terwyl die dood en verwoesting van die Eerste Wêreldoorlog hoogty gevier het, het 'n geheimsinnige grys mistigheid op die horison verskyn. Dit was die eike van 1910, onder hulle het die tiener-beukehoutbome gestaan en onder hulle die jong berkeboompies. Bouffier het aanhou plant en teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die Franse omgewingsdeskundiges aangekondig dat 'n "natuurlike woud geheimsinnig ontstaan het en floreer in 'n bar, verwoeste omgewing". 

Die verhaal eindig egter nie hier nie.  Dié woud het 'n kettingreaksie veroorsaak. Water het in opgedroogde rivierlope begin vloei. Die wind het saad aangewaai en wilge, palmiete, grasse en tuine het begin opkom. Nuwe mense het daar kom woon en saam met hulle hoop en voorspoed gebring. Elzéard Bouffier het akkers opgetel en geplant, God het die res gedoen.

God kan baie doen met net 'n bietjie. Dawid was maar net ‘n skaapwagter in mense se oë, maar in God se oë was hy veel meer.  Kyk wat het Hy vir Dawid gedoen met 'n slingervel en 'n klippe. Kyk net hoe het Hy vyfduisend mense kos gegee met een seuntjie se middagete. Jou toekoms lyk bar en uitsigloos.  Nie vir God nie.  Hy sal dieselfde wonderwerke vir jou doen!

(Outeur onbekend)

Wednesday 7 March 2018

Omarm hierdie tydvak


Psalm 90:10  Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig

Wanneer ons jonk is, is dit moeilik om jouself in te dink hoe dit sal wees wanneer jy oud is.  Dis iewers ver in die toekoms.  En vir ‘n kind van 6 is sy ouers heel waarskynlik ‘oud’.  So ouderdom is ‘n relatiewe begrip.

Soms wens ek, ek het geweet hoe dit sal wees wanneer ek ouer is, want dan sou ek heel waarskynlik my jonger lewe meer geniet het.  Ons wil mos net ouer word, totdat ons eendag besef maar ek is nou oud.  Waar is die tyd heen?

Elkeen verouder op sy eie manier.  Onlangs het ek gehoor van ‘n 99-jarige wat nog ‘n swemrekord verbeter het.  En ek weet van ‘n dame in haar 90’s wat nog elke jaar aan hul kerk se pretdraf deelneem.  Kyk vir Koningin Elizabeth wat nog regeer op haar ouderdom.

As jy vandag oud en afgeleef voel, moenie op jou liggaamlike kragte fokus nie.  Kyk verby die plooie en grys hare.  Sien dit as karakterlyne en die kroon op jou lewe.  Jou liggaam mag dalk deurtrek wees met pynlike arthritis of jy mag dalk ‘n heupvervanging of hartomleiding nodig hê…  Miskien is jy mismoedig omdat jy nie meer so vinnig kan beweeg nie, of dalk is jy bekommerd oor jou geheue.  Niks hiervan sal saakmaak wanneer jy na jou ewige tuiste vertrek nie.  Fokus eerder daarop om jou geestelike spiere te bou. Ons liggame is ‘n aardse tempel, maar eendag sal ons by God in die hemelse tempel aansluit.

Selfs aardse bekommernis oor jou toekoms is tydelik.  Of dit nou bekommernis oor jou gesondheid is, of gesondheid oor jou finansies… dalk is jy bang om alleen oud te word.  Hoe dit ookal sy… God het jou soveel jaar deurgedra.  Hoekom sal hy jou nou in hierdie fase van jou lewe verlaat?

Omarm hierdie tydvak waarin jy jou nou bevind.  ‘n Paar jaar van nou wil jy nie terugverlang en wens jy het dit toe meer geniet nie.

Tuesday 6 March 2018

Vertrou net op God


Psalm 56:4  Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U.

“I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear…” ― Nelson Mandela

Om bang te wees vandag, het amper deel van ons bestaan geword.  Jy lees meer gereeld as wat jy sou wou van mense wat vermoor word.  Daarom sluit ons, onsself toe agter veiligheidshekke en heinings.

En dan is daar die tromme van onrus wat die boodskap van grondonteiening oordra.  Jy raak bekommerd en jy wonder waar gaan dit alles eindig?

Juis daarin lê die ironie van hierdie aanhaling van iemand soos Nelson Mandela.  Ons mis, sy wysheid en sy verdraagsaamheid.  Dit is ‘n ander era… ‘n ander seisoen.

Ons kan nagte om wakker lê… ons kan daaroor met mekaar praat… ons kan na elke onderhoud luister en elke berig lees… ons kan met fortuinvertellers gesels… of ons kan na God draai. 

Angstigheid gaan niks aan die uitkoms verander nie.  God kan egter die situasie omkeer tot eer van Sy naam.  Lewe sonder om omverskoning te vra vir wie jy is.  Vrees niks, behalwe God.  Dapperheid is ‘n besluit wat ‘n kind van God in geloof neem.

Faith activates God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen

Monday 5 March 2018

Tel jou seëninge


Psalms 37:4  Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

“Count your blessings and your problems….If your problems outnumber your blessings, Count Again…  Chances are the things that you take for granted were not added up…”  ~ Unknown

Soms dink ek ons kla te maklik. Dalk is dit omdat dit makliker is om te kla as wat dit is om iets aan ons situasie te doen.  Of dalk hou ons daarvan om ‘n slagoffer te wees.  Partykeer kla ons sonder om eens te dink wat ons besig is om te doen.  “O, ek is nie vandag lus vir werk nie… ek is so moeg.”  Dit terwyl daar soveel mense is wat bid vir werk.  Ons kla omdat almal kla:  “Die brandstofprys styg alweer.”  So ons het nog ‘n voertuig waarin ons brandstof kan gooi of ons het nog geld om vir vervoer te betaal… ‘n rede om iewers heen te gaan.”  Ander sukkel om net kos in hul mae te kry.  Miskien kla ons net omdat ons kan en dit ons iets gee om oor saam te praat.

Laat ons eerder begin om ons seëninge te tel.  Wanneer jy besef hoe geseënd jy is, sal jy dalk twee keer dink voor jy kla. Maak nie saak hoe haglik jou omstandighede is nie, daar is altyd iemand in die wêreld, soms nader as wat jy dink, wat slegter daaraan toe is.

Dalk verskil jy vandag van my en reken jy dat jy genoeg rede het om te kla.  Jy voel dalk om vir my te sê dat ek gelukkig is omdat ek geen rede het om te kla, maar jy wonder wat ek sou doen as ek in jou skoene was.  Jy’s reg, ek ken nie jou omstandighede nie, maar God ken dit en Hy hou daarvan as ons, ons vreugde eerder in Hom vind.

As jy kon kies, sou jy jou tyd deurbring saam met diegene wat positief en opgewek is of saam met diegene wat net altyd kla en die negatiewe sy van ‘n saak raaksien?

Ons dien inderdaad ‘n geduldige God… iemand wat nooit moeg word vir ons gekla en gekerm nie, maar dit gee ons steeds nie die reg om oor alles te kla nie.  Iemand het eendag gesê dat jy nie kan kla terwyl jy jou seëninge tel nie.  Dis dalk 'n goeie begin.

"Mag ons na elke teleurstelling 'n vars rede vind om te hoop..."  ¬ Aleksander Solzjenitsin

Hoop


Psalm 146:5  Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.

Once you choose hope, anything's possible… ~ Christopher Reeve

Christopher Reeve het naam gemaak as die akteur wat die rol van Superman vertolk, iemand wat kinders geglo het alles kan doen, selfs vlieg. En toe op 27 Mei 1995, verander alles toe hy van ‘n perd val en ‘n kwadrupleeg word.

Christopher kon op ‘n hopie gaan sit het, wel figuurlik gesproke, maar hy het nie.  Alhoewel hy aan ‘n rolstoel gekluister was en ‘n draagbare ventilator moes gebruik vir die res van sy lewe, het hy ‘n besluit geneem om steeds ‘n vol lewe te lei. Hy het homself beywer vir mense met spinale besering en ook vir stamselnavorsing.  Daarom het hy die Christopher Reeve Foundation gestig en is ook mede-stigter van die Reeve-Irvine Research Cente.

Wat sou jy gedoen het in sy situasie? 

Ek dink ons ware karakter kom eers na vore wanneer ons gekonfronteer word met dit wat ons gedink het ons nooit oor ons eie paadjie sou wens nie.

Ons het altyd ‘n keuse.  Ons kan kies om hoop te verloor en in wanhoop te leef waar ons van alle blydskap gestroop is en net swart rondom ons sien.  Of ons kan besluit om terug te baklei, maak nie saak hoe beperk ons vermoëns is nie.  Wanneer jy moedeloos raak, probeer ‘n alternatief, maar moenie opgee nie.

Die brein is kragtig.  Sodra ons hoop kies, begin die brein seine stuur dat alles sal uitwerk.  Dis soos om jouself te herprogrammeer.  En voor jy dit besef, begin sing jy sommer so tussen die trane deur.

Kies vandag hoop.

Thursday 1 March 2018

Bid oor alles


Filipense 4 : 6  Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles..

Waar bevind jy jou op hierdie oomblik?  Is jy biddend of bekommerd? 

Meeste van ons spandeer hopeloos te veel tyd deur ons te bekommer.  Ons bekommer ons oor dinge wat dalk nooit eens sal gebeur nie.  Bekommernis dreineer jou en eintlik sweep dit jou emosies op totdat ‘n perfekte storm binne jou woed.  Dit spoel oor na alle areas in jou lewe totdat dit jou gedagtes oorheers en jou van alle vreugde stroop.

Dalk het jy vanoggend wakker geword en onmiddellik gewens jy kan weer slaap, want slaap bring vergetelheid.  Met ‘n swaarmoedige gees en loodvoete het jy jouself gedwing om klaar te maak vir die dag.  Jy kan aan niks anders dink as dit waaroor jy so bekommerd is nie. 

Matteus 6 : 27 bevat ‘n baie groot waarheid:  Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?”   Nee, maar steeds bekommer ons en eintlik ly ons gesondheid daaronder en verkort ons lewens.

Daarom maak dit sin om veel liewer jou tyd met gebed deur te bring.  Bekommernis gaan niks aan die situasie verander nie… gebed wel.

Angs het ‘n gunsteling tydverdryf geword.  Dis aansteeklik… as jy bekommerd is affekteer dit almal in jou huishouding en dit is so onnodig.  Dade wek, maar voorbeelde trek.  Maak gebed jou gunsteling tydverdryf en laat dit diegene aansteek wat met jou te doen het.

Moet oor niks bekommerd wees, bid oor alles.

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...