Efesiërs 2 : 10 Nee,
God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons
lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
Ons
kan so maklik deur die lewe gaan met die gedagte dat ons slegs gemiddeld is;
doodgewoon. Jy mag dalk ook dink daar is
niks spesiaal omtrent jouself nie, dat jy maar net een van min of meer ses
biljoen mense op aarde is. Nee, omdat
God jou na Sy beeldgeskape het, is daar iets van Hom in jou. Jy kan eintlik sê
dat jy dieselfde DNA as God het. Daarom is
jy bestem vir groot dinge; in die wieg gelê om jou merk op hierdie generasie te
laat. Die waarheid is dat daar niks
gemiddeld omtrent jou is nie, maar ongelukkig besef ons dit nie altyd nie. Ons is so ingestel op ons swakhede en sogenaamde
foute of dit waaroor ons nie beskik nie. Ons onthou die foute wat ons gemaak
het en meet onsself aan die karaktertrekke van die aardse familie van wie ons
afstam. Op die ou end aanvaar ons gelate
ons gemiddelde bestaan, terwyl ons eintlik (volgens die teks) vir grootheid
bestem is.
As jy
hierdie juk wil afgooi, moet jy jouself elke dag daaraan herinner dat jy die
Almagtige God se gene geërf het.Jy is skou gehalte, ‘n ware kampioen en daarom
hoef jy nie een tree terug te staan vir enige iemand nie. Omarm die persoon wie God jou geskape het en
leef in oorwinning omdat jy uniek en spesiaal is.
Om ‘n CD te bestel of ‘n
dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za
Skakel
in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of
rekenaar sal vind. Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou
o.a. "Memories are made of this", musiek van toeka tot nou.
19h00 Wat sê die Woord?, 19h10 Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar of Spandeer en
19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.
No comments:
Post a Comment