Rigters 13:12 … “Wanneer u
belofte waar word, hoe moet die kind hom dan gedra en wat moet hy doen?”
Daar was ‘n vrou,
Pam, wat geweet het hoe dit voel om aborsie te oorweeg. Meer as 24 jaar gelede, terwyl sy en haar man
Bob, sendelinge in die Fillippyne was, het hul gebid vir ‘n 5de kind. Pam het egter voedselvergiftiging
opgedoen. Sy’t later in ‘n koma verval
en is met sterk antibiotika behandel alvorens hul ontdek het dat sy swanger is.
Dokters was
bekommerd oor haar veiligheid en die skade wat die medikasie aan die ongebore
baba kon veroorsaak en daarom het hul aanbeveel dat sy die baba laat
aborteer. Pam het teen die aborsie
besluit omdat sy vas geglo het dat dit teen haar Christelike geloof is, maar
ook omdat sy vertrou het dat die baba sonder enige fisiese gebreke gebore sou
word, al het die dokters anders voorspel.
Volgens Pam het die dokters net aan die ongebore baba as ‘n fetus
gedink, nie dat dit inderdaad ‘n lewende wese was nie.
Gedurende die
swangerskap was daar vier geleenthede waar Pam byna die baba verloor het, maar
sy het ‘n aborsie bly weier. Sy onthou
hoe sy met haar man gepraat het oor die belofte wat sy aan God gemaak het: “As Hy hierdie seun sou spaar, sal hul hom
Timothy noem en hom groot maak om eendag
‘n prediker word.
Die laaste twee
maande van haar swangerskap het sy in die bed deurgebring, maar uiteindelik
geboorte geskenk aan ‘n volmaakte seuntjie op 14 Augustus 1987.
Pam se jongste seun, Tim Tebow, het toe ‘n
prediker geword. Nie net preek hy in
tronke, maar is ook deel van sy pa se bediening in die Fillippyne.
(Skrywer onbekend)
No comments:
Post a Comment