Psalm142 : 4 Ek het alle moed
verloor, U weet wat ek moes deurmaak.
Toe Dawid hierdie Psalm geskryf het, het hy in 'n grot weggekruip vir
mense wat hom wou doodmaak. Dit moes 'n tyd van angs en
mismoedigheid gewees het, maar Dawid het geweet Wie in beheer is en
daarom het Hy aangehou om na God te roep.
Jy het ook al 'n paar sakke sout agter die blad en vir al wat ek weet
sit jy ook op moedverloor se vlakte jou wonde en lek.
Senomi
de Villiers het gesê: “Droeë jare maak 'n olienhoutboom se hout
mooi vir die toekoms!” Al het jy hoeveel gelei, dalk alles
verloor, of al is jy ook op die punt om boedel oor te gee, onthou dat
God besig is met 'n meesterstuk. Jy is die olienhoutboom en vir Hom
pragtig met elke karaktertrekkie wat oor die jare gevorm is.
No comments:
Post a Comment