Psalm 144 : 12 Mag ons seuns wees soos plante wat hoog groei
in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare, uitgebeitel soos vir 'n paleis.
Sandile Kubheka, ‘n boorling van Newcastle, is
grootgemaak deur ‘n enkelma. Op die
ouderdom van 5 jaar, het sy skoolloopbaan begin. Drie maande nadat hy met Graad 6 begin het,
is hy bevorder na Graad 7. Hy was slegs
15 jaar oud toe hy matrikuleer en het alreeds geweet in watter rigting hy wil
studier; medies. Vyf jaar later kwalifiseer hy as die jongste
dokter (MBChB) in Suid-Afrika; slegs 20
jaar oud. Huidiglik is hy besig met ‘n 2
jaar lange internskap.
Verlede jaar het
‘n groot eer hom te beurt geval toe hy deur Africa
News Network as Young South African
of the Year aangewys.
Wat my veral van hierdie jong man beindruk, is
dat hy vele kritici verkeerd moes bewys, want baie het geglo hy is te jonk en
sal nooit sy studies voltooi nie. Hy’t
egter hierdie kritiek omgekeer om hom te motiveer om daardie mense verkeerd te
bewys.
En dit eindig nie hier nie. Na sy gemeenskapsjaar, wil hy sy meesters
behaal in siektes waaraan soveel Afrikane sterf.
Dit is ook sy droom om kinders te motiveer om
uit te styg bo hul omstandighede. Hy glo
vandag se jongmense word gebreinspoel deur die etiket "verlore generasie". Volgens hom, en ek stem heelhartig saam, is hul
juis die toekoms.
Elkeen van ons het die
geleentheid om ‘n jongmens onder ons vlerk te neem en te motiveer. Woorde soos:
“daar is geen toekoms nie… “ of “daar is nie werk nie…” moet eerder
vermy word. Ons jeug beskik oor veel
meer potensiaal as waarvoor ons hul krediet gee.
(met erkenning aan Fairlady)
No comments:
Post a Comment