Monday 10 March 2014

Die huwelik


Genesis 2 : 22 en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot ‘n vrou en bring haar na die mens toe.

Wanneer jy iemand spesiaal in jou lewe het, jou beste maat en sielsgenoot, is daar soveel vreugde dat dit soms voel asof jy kan bars van geluk.  Daar is inderdaad min dinge in die lewe so mooi, soos twee mense wat mekaar opreg bemin en nie skaam is om dit te wys nie.

Dis veral vir my mooi as twee mense in hul senior jare nog liefdevol teenoor mekaar is.  Hierdie huwelike het ook hul uitdagings en krisisse gehad, maar die verskil is dat die liefde sterk genoeg was om dit te oorkom.

Huweliksbeloftes word voor God afgelê en is nie iets wat ons ligtelik kan of mag opneem nie.  Die enigste tyd dat drie mense in ‘n huwelik aanvaarbaar is, is wanneer dit julle twee en God is.  Hy behoort die basis van jou huwelik te vorm.

‘Laat ons nou maar eerlik wees, 'n huwelik is nie net maanskyn en rose nie; dit verg harde werk van beide kante. As elkeen se doelwit is om die ander persoon gelukkig te maak, kan dit net goed gaan, want as jou maat gelukkig is, is jy ook gelukkig.

God het die vrou na die mens gebring… julle twee is nie toevallig bymekaar nie.  Eer God deur jou huweliksmaat te respekteer en hom/haar met jou hele hart te bemin.

1 comment:

  1. Kan die derde persoon sy oorlede vrou insluit wat hy nog altyd sal liefhe.. Hy is lief vir my en se dit daagliks. maar ek voel nie so ni ons was altwee wedeuwee en wewenaar toe ons getroud is 'n jaar terug.

    ReplyDelete

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...