Monday 1 September 2014

Hy sal voor jou uitgaan



Deuteronomium 31 : 8  Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan.  Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.
Daar is ‘n onrustigheid binne jou. Jy moet vandag ‘n berg uitklim en jy weet nie hoe jy dit gaan regkry nie, want jy voel dat alles teen jou tel.  Dalk moet jy ‘n voorlegging doen en ‘n groot kontrak is op die spel…  dalk moet jy vir ‘n onderhoud gaan en al jou hoop is op hierdie onderhoud… dalk het jy vandag ‘n afspraak met iemand en jy hoop dat dit tot ‘n verhouding sal lei… dalk moet jy hospitaal toe gaan vir toetse of ‘n operasie…  dalk speel jy vandag ‘n belangrike wedstryd… dalk moet jy ‘n toets of eksamen skryf…
Dis normaal om senuweeagtig te wees, maar wat gewoonlik gebeur is dat jy begin om die ergste in jou kop af te speel omdat jy jouself teen teleurstelling wil beskerm.  In die proses is jy besig om jou twyfel in God te demonstreer.  As kind van die lewende God behoort jy uitdagend en vol selfvertroue te wees, want Hy gaan voor jou uit… Hy sal by jou wees… en… Hy sal jou nie in die steek laat nie.
Hou op om daardie ‘sê nou maar’ speletjies in jou kop af te speel...  Wel, die negatiewe ‘sê nou maar’ speletjies veral.  Dink eerder positief… wat as ek ‘n groot sukses is en daardie kontrak kry… wat as ek die suksesvolle kandidaat is… wat as ek vandag my lewensmaat ontmoet… wat as die toetse skoon is of die operasie suksesvol is… wat as ons die wedstryd wen… wat as ek vandag met vlieënde vaandels slaag…  Moenie God wantrou nie.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...