Job 10 : 3
Waarom verwerp U my, die werk van U eie hande, terwyl U aan die kwaaddoener
vreugde en voorspoed gee?
Job was mismoedig.
Hy kon nie verstaan hoekom God toelaat dat al die ellende hom tref
nie. Daarom pleit hy nou by God en die
woorde in hierdie teks is iets waarmee ek en jy ook kan identifiseer.
Soms wil dit voorkom asof die sogenaamde sondaars
die lewe so maklik het. Op die oog af
lyk dit asof hul geen kommer in die lewe het nie en asof daar geen gevolge vir
hul dade is nie. As jy net na berigte
van verskeie korrupsie aangeleenthede kyk, wonder jy hoekom jy jou lewe so
eerlik en reg as moontlik probeer lewe, en ten spyte daarvan soveel teëspoed
ervaar. Dis so onregverdig! Hoekom kan hulle doen wat hulle wil en
voorspoed ervaar terwyl die regverdiges, soos ons en Job, dit so swaar het?
God slaap egter nie. Al wil jy dit nie hoor nie, gebeur alles met ‘n
doel. Selfs dit waardeur jy op die oomblik
gaan, is deel van God se plan en ja, dit voel heel waarskynlik onregverdig en
onnodig, maar ons ken nie die volle prentjie waarmee God besig is nie. En die wiel draai altyd, partykeer wel ‘n
bietjie stadig, maar ‘what goes up, must
come down’. Dis die wet van die
natuur. Die son sal weer skyn vir jou. Geregtigheid sal geskied. Gee God net tyd.
Ons vra so maklik,’hoekom ek’, maar wat van die
teendeel? Hoekom nie ek nie? Ons weet dat ons niks uit verdienste kan
verwag, maar slegs uit genade. God se
genade is groot genoeg.
No comments:
Post a Comment