2 Korintiërs 9 : 6-7 Dink daaraan:
wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart
voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige
gewer lief.
Wanneer mense hul tiende
vir God moet gee, kan hul baie kreatief raak i.t.v. hul inkomste. Party sal alles betaal en van dit wat oorbly
die tiende gee. Ander sal weer op ‘n bedrag
besluit en dit gee. Terwyl ander weer
voel, hoekom vir die kerk gee?
Dit bly ‘n moeilike
onderwerp, maar in die teksgedeelte kry ons klaarheid. Wanneer jy gee, sal jy ontvang en dit is
beslis beter om te gee. Moenie gee omdat
jy verplig voel nie en ook nie probeer om dit wat jy gee te regverdig nie, maar
as jy miskien finansieël sukkel, is dit ‘n goeie tyd om te kyk of jy in God se
koninkryk belê, of elders. Net jy sal
weet of jy dit kan ‘bekostig’ of nie. My
redenasie was nog altyd dat jou tiende heelbo aan jou lysie van uitgawes moet
wees. Voor jy enige iets anders betaal,
moet God Sy deel kry. Hoe en vir wie jy
dit gee, dit is jou saak.
Ons kan egter nie net altyd
bakhand staan met ‘n versoeklysie en verwag dat God altyd moet gee terwyl ons
niks vir Hom wil doen nie.
Laat jou lei deur die
Heilige Gees en weet altyd dat God ‘n blymoedige gewer liefhet.
Besoek gerus die webblad: www.watsêdiewoord.co.za
No comments:
Post a Comment