Hebreërs 13:6 Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is
my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?”
Weet nie of jy al aan die
volgende spanbou aktiwiteit deelgeneem het nie.
Jy het drie deelnemers nodig.
Twee persone regoor mekaar (sodat hul vir mekaar kyk). Die derde staan in die middel terwyl hy/sy in
een van die twee se rigting kyk, met die rug na die ander gekeer. Die instruksie is dan vir die persoon in die
middel om met jou arms gekruis oor jou bors (sodat jy nie kan keer as jy voel
jy val agteroor nie) agteroor te leun en die persoon agter jou te vertrou om
jou te vang. Die persoon agter jou moet
jou val dan stuit en jou regop stoot en dan is jy veronderstel om vorentoe te
val na die ander persoon voor jou, wat weereens jou val stuit en jou regop
druk.
Dit is moeiliker as wat jy
dalk dink. Daardie gevoel van buite
beheer wees en iemand te vertrou dat jy nie hard met moeder aarde gaan kennis
maak nie, weerhou jou keer op keer. Al
wat help is om jou oë toe te maak en vir die beste te hoop.
Die les hierin is dat jy
partykeer nie kan glo wat jy sien nie, maar dat jy makliker glo wat jy kan
voel. As jy enigsins wil hê dat ander
mense jou moet vertrou, moet jy ook voel dat jy hulle kan vertrou, selfs as dit
donker word om jou… selfs as jy agteroor val…
Vertroue is nie maklik nie,
veral as jy voorheen seergekry het, maar een of ander tyd moet jy weer begin
vertrou. Vra God om jou vertroue in die
mensdom te herstel en dan maak jy jou oë toe…
Besoek gerus die webblad: www.watsêdiewoord.co.za
No comments:
Post a Comment