1 Korintiërs 7:23 Julle is vrygekoop en die prys is betaal;
My prentjie van die
Drie-Enige-God, gaan terug na dit wat ek in my Kinderbybel gesien het…’n
vriendelike man met lang hare en wit klere… iemand met sagte oë. Hoe lyk jou prentjie? ‘n Familielid het onlangs gesê: “Ek gee nie om hoeveel keer jy dit vir my sê
nie, maar God sal my nooit vergewe nie.
Die duiwel staan gereed om my te gryp sodra ek sterf.”
Sy prentjie van God is een
van ‘n hartvogtige God wat geen genade betoon nie. Niks kan verder van die waarheid verwyder
wees as juis dit nie. God is
liefde. Hy ken jou al van voor jou
geboorte… Hy weet presies hoeveel hare jy op jou kop het en Hy wil nie dat een
siel verlore gaan nie. God ween oor
elkeen wat die rug op Hom draai.
Moenie die duiwel toelaat
om sy greep op jou te verstewig nie. God
sal jou aanvaar net soos jy is. Om die
waarheid te sê, jy’s reeds vrygekoop daardie dag toe Hy aan die kruis vir ons
almal se sondes gesterf het. Dit maak
nie saak hoe sondig jou verlede is nie.
Al is jy skarlaken rooi, hy sal jou was dat jy witter as sneeu is.
Het jy so ‘n bietjie
afgedwaal? Draai asb terug na God.
No comments:
Post a Comment