Monday 27 October 2014

Kan enige iemand God sien?



Psalm 19 : 2 Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

‘n Klein seuntjie het sy ouer suster genader met ‘n vraag oor God.  “Sussie, kan enige iemand vir God sien?” 

Sy Sussie was besig en daarom het sy net vinnig geantwoord:  “Nee, moenie simpel wees nie.  God is daar bo in die hemel, so niemand kan Hom sien nie.”

Soos tyd verbygegaan het, het die outjie steeds bly dink oor sy vraag en later sy ma genader:  “Mamma, kan enige iemand vir God sien?”  Sy ma het saggies geantwoord: “Nee, my kind.  God leef in ons harte, maar ons kan Hom nie regtig sien nie.”

Nie lank daarna nie, neem sy oupa hom saam om vis te vang.  Die twee spandeer ‘n hele dag saam op een van die mooiste dae in ‘n lang tyd.

Die son begin sak en die oupa katrol sy lyn in waarna hy sy volle aandag wy aan die skoonheid wat voor hom ontvou.  Toe die seuntjie die diepe vrede en saligheid op sy oupa se gesig sien terwyl hy na die pragtige sonsondergang kyk, besluit hy om met sy oupa te praat oor die vraag waarmee hy nou al lank worstel.  “Oupa, ek wonder of oupa my kan help?  Ek het nou al vir Sussie en vir Mamma gevra, maar ek wonder steeds… kan enige iemand regtig vir God sien?”

Sy oupa het nie sy oë een oomblik van die sonsondergang afgeneem nie, maar wel geantwoord:  “Seun, as ek sien wat ek nou sien, sien ek niks anders as God nie.”

(Skrywer onbekend)



Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...