Jeremia 3 : 24 Ek sê vir myself:
Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.
As ek sê die Here is my hele lewe, dan bedoel ek dit. My hele lewe draai om Hom. As ek my oë oopmaak, is my eerste gedagte een
van dankbaarheid teenoor Hom wat my lekker laat slaap het, in ‘n warm bed, en
dat nie ek of my gesin enige onrus deur die nag ervaar het nie. Daarna bly dit ‘n kwessie van dankie sê…
alles waaraan ek raak… alles wat ek ervaar… alles wat ek nie oorkom nie… dit is
as gevolg van God wat my deurdra. Op my
eie is ek tot niks in staat nie, maar Hy hou my staande.
Dit beteken nie dat ek nie deur moeilike tye gaan nie. Dis bloot dat my hoop altyd op Hom is en dat
ek hom dien deur goeie sowel as minder goeie tye. Ek kan my nie ‘n lewe sonder God voorstel
nie. My geloof is my alles. Ek het geen behoefte aan wêreldse plesier
nie, my hele wese is ingestel op die pad wat God wil hê dat ek moet stap. Soms is dit nie die pad wat ek sou kies nie,
maar dis altyd die beste pad.
Moet asseblief nie dink dat ek die perfekte ‘Christen’ is
nie; ek struikel elke dag, maar ek hou
nooit op probeer nie.
My wens vir jou is dat jy ook ‘n persoonlike verhouding met
God sal hê… dat Hy ook die middelpunt van jou bestaan sal wees en dat jy Sy
teenwoordigheid elke dag in jou lewe sal ervaar. Mag die teksvers ook jou mantra word: “Die Here is my lewe…”
Om ‘n
CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die
webblad: www.watsediewoord.co.za
Skakel in op www.radiodisa.com
'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of rekenaar sal vind. Elke
Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou o.a. "Memories are made of
this", musiek van toeka tot nou. 19h00 Wat sê die Woord?, 19h10
Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar of Spandeer en 19h30 Dr Gerhard Kotze met die
Aandboodskap.
No comments:
Post a Comment