Filippense 4:6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in
alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend
Jy beskik oor ‘n
uitsonderlike mag… een wat binne jou skuil en wat jy tot nou toe nie ten volle
ontgin het nie. R H Jarrett noem dit
“Emmanuel” (God met/in ons). Dit stel
jou in staat om jou wildste drome te bewaarheid.
Maak jou dus gereed vir ‘n
omwenteling. In stede daarvan dat jy
slegs jou wense uitspreek, kan jy dit realiseer. Tot nou toe het jy dalk net gesê: “Dit sal darem lekker wees om ook Mauritius
toe te gaan.” Van nou af, gaan jy drie
eenvoudige reëls volg en voor jy jou kom kry sit jy in Mauritius… en dis maar
net een voorbeeld.
R H Jarret se 3 Positiewe
Reëls vir Sukses:
1. Stel ‘n lysie saam, maar wees spesifiek. Byvoorbeeld as jy ‘n motor wil hê, watter
fabrikaat moet dit wees? Kleur? Prys? Teen watter datum verwag jy dit? As jy sukses vir jou besigheid verlang, praat
syfers. Dit mag laf voorkom, maar jy kan
nie verwag dat jou drome realiseer as jy nie spesifiek is nie. As jy nie kan besluit nie, is dit nie gereed
vir jou lysie nie;
2. Lees die lysie ten minste drie maal per dag: soggens, smiddae en saans
3. Dink soveel as moontlik daaraan
Nou begin jy om met God
hieroor te gesels op ‘n daaglikse basis, om jou geloof te
versterk. Aan die begin kan sommige van
die items op jou lysie onhaalbaar voorkom, maar skryf hul nietemin neer en hou
aan met die proses. Wanneer nog gedagtes
by jou opkom oor iets wat jy graag wil sien gebeur, of items begin afhaal soos
hul realiseer, begin die metode beslis werk.
Natuurlik gaan jy met tye
skeptiese wees en gedagtes van twyfel jou te binne skiet… haal jou lysie uit en
lees dit… oor en oor. As jy dit
gememoriseer het… herhaal dit soos ‘n mantra totdat die twyfel wyk. Dit help ook om negatiewe mense te
vermy. En… onthou die teksgedeelte
hierbo. As jy radio wil luister, moet jy die radio instel en seker maak hy is op die
regte frekwensie. Net so sal jy moet
oefen om jouself in te stel op God se Voorsienigheid.
Moenie in die strik trap
dat jy dit as toeval afmaak wanneer jou drome begin realiseer nie. Wees voorbereid om verras te word… moet dit
nie eens probeer verstaan nie… aanvaar dit net
en bedank God onmiddellik, met jou hele hart en siel, vir Sy
Bonatuurlike voorsiening en gee vir Hom die krediet daarvoor. Aanvaar dit met grasie en dankbaarheid. Sodoende bevestig jy jou onwrikbare vertroue
in Hom.
Onthou dat jy gaan ontvang
waarmee jy jou gedagtes besig hou… as dit gedagtes van negatiwiteit is, is dit
wat oor jou gaan kom.. en net so met positiewe gedagtes.
Om ‘n CD te bestel of ‘n
dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za
No comments:
Post a Comment