Wednesday 10 December 2014

Dit staan op die punt om te gebeur



Jesaja 43 : 19  Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

Waarop wag jy?  Wag jy vir uitslag op toetse, vir bevordering, vir iemand spesiaal in jou lewe, vir ‘n deurbraak in jou besigheid, vir verandering…?  Wel, ek het nuus vir jou!  Vandag is jou groot dag.  Vandag is die dag dat dit waarop jy so lank wag, gaan realiseer.  Ek glo God gaan vandag groot dinge in jou lewe laat gebeur.  Dis opwindend, ne?

Let op na die vers:  “dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom”.  Dis ‘n uitgemaakte saak.  

Ongelukkig fokus ons so dikwels op die onmoontlikheid van die situasie, dat ons nie kan glo dat God die onmoontlike kan vermag nie.  En daarom mis ons dikwels uit op seëninge.  Dis tyd dat ons, ons geloof toets en onsself herinner aan Sy beloftes.  Te midde van jou omstandighede, verklaar dat God in beheer is.  Verklaar dat vandag die dag is waarop jy al so lank hoop en vertrou… en glo, soos ‘n kind, dat God jou situasie vandag nog gaan omkeer.  Sien dit voor jou geestesoog… dis op die punt om te gebeur.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...