Tuesday 9 December 2014

Die bergklimmer



Eksodus 9:2  As jy weier om hulle te laat gaan en hulle bly vashou,

Daar word vertel van ‘n bergklimmer wat gedroom het om Aconcagua uit te klim en na jare van droom en voorbereiding, uiteindelik gereed was vir die groot dag.  Hy wou egter alleen die glorie beleef, daarom het hy besluit om alleen te klim.  Hy’t begin klim en so het die dag aangestap en dit het al later en later geword.  Hy’t nie voorberei om te oornag nie, en daarom voortgeklim.

Binnekort was dit stikdonker.  Hy kon skaars sien.  Alles was swart.  Daar was geen maan, geen sterre - net wolke wat alles nog donkerder gemaak het.

Ongeveer 100 meters van bo het hy gegly en geval.  Soos hy val, kan hy net donkerte rondom hom sien en die wind om sy ore hoor suis.  Hy’t geglo sy laaste oombikke het aangebreek, maar soos enige ervare bergklimmer, het hy ‘n veiligheidstou om sy middel gehad en uiteindelik is hy in sy val gestuit deur die tou.  Daar hang hy tussen hemel en aarde en roep uit:  “Here, help my!”  

Asof uit die hemel hoor hy ‘n stem:  “Wat wil jy hê moet ek doen?”

“Red my.”

“Dink jy regtig ek kan jou red?
“Natuurlik kan U, God”

“Sny dan die tou wat jou vashou.”

Doodse stilte het geheers.  Die man het net stywer aan die tou vasgeklou.  

Die volgende dag het die soek- en reddingspan ‘n man gevind wat leweloos aan ‘n tou hang.  Hy was dood as gevolg van blootstelling aan die elemente, maar… hy was slegs 2 voet van die grond.

Wat van jou?  Vertrou jy op die tou, of op God.  Laat gaan.  God het ongelooflike goeie planne vir jou.  Sny die tou en vertrou Hom.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...