Psalm 5:13 U
laat dit goed gaan met die regverdige, Here, u goedheid beskerm hom soos 'n
skild.
Watter behoefte het jy vandag wat God kan
bevredig? Hoop jy op voorsiening, vrede,
leiding…?
Die Woord beloof dat dit met
jou, as regverdige, goed sal gaan. Jy
keer miskien nou met woorde soos: “Ek is
te ‘n groot sondaar… My skuld is te veel… Ek weet nie herwaarts of derwaarts
nie…” Onthou net, as jy God as jou
Verlosser en Beskermer aangeneem het, is jy vir altyd verlos. Ons struikel wel weer van tyd tot tyd, maar
ons kan vashou aan 1 Johannes 1 : 9 “Maar as ons
ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig
ons van alle ongeregtigheid.
Aanvaar vandag dat God jou van alle skuld wil
kwytskeld. Hy gee jou die geleentheid om
skotvry voor Hom te staan en dus te weet dat sy guns op jou rus. Hy wil Sy seën oor jou uitstort. Wat jou behoefte ook al is, God staan
gereed. Sy goedheid omvou jou soos ‘n
skild.
No comments:
Post a Comment