Jesaja 43 : 2 As jy deur
water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as
jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie
brand nie
Hoekom daar altyd ‘n vlieg in die salf moet
wees, weet ek nie, maar dat daar altyd iets sal gebeur om die glimlag van jou
gesig te vee, dis ‘n feit. Nee, dis nie
negatiewe denke nie, dis realiteit. Die
lewe bestaan nie net uit vreugde en goeie tye nie. Een ding waarvan ons seker kan wees, is dat
struikelblokke oor ons pad sal kom.
Gelukkig hoef ek en jy nie in vrees te leef
nie. Alhoewel ons weet dat ons nie
gevrywaar is teen hartseer of pyn nie, weet ons dit kan ons nie onderkry nie, want God
verseker ons in hierdie teks dat Hy deur elke situasie met ons is. Ek weet nie van jou nie, maar met Hom aan my
sy, sien ek vir enige iets kans, selfs daardie spreekwoordelike berg staan nie
in my pad nie.
As jy nou uitsigloos voel in die situasie
waarin jy jou bevind, maak hierdie teks joune.
Dikwels staar ons, ons blind teen die omstandighede en sien ons nie vir
God reg langs ons nie. Moenie moedeloos
wees nie. Hy is BY jou… elke oomblik en
in elke situasie.
No comments:
Post a Comment