Matt 28:19: Gaan dan na al
die nasies toe en maak die mense my dissipels
Markus
6 : 12 Hulle het toe gaan verkondig dat
die mense hulle moet bekeer
Sy laaste opdrag
aan sy dissipels was dat hul moet uitgaan en die woord verkondig... tot aan die
uithoeke van die aarde. Suid-Afrika
staan bekend as ‘n Christelike land en tog is daar nog soveel mense wat God nie
ken nie. Die grootste gevaar is dat jy
in ‘n Christen-huis opgroei en selfs kerk toe gaan, maar nog nie die Ewige Lewe
beërf het nie.
Om genoeg van God te weet
dat jy glo jy ken Hom en om Hom as jou Verlosser en Saligmaker aan te neem, is
twee verskillende dinge. Wanneer jy jou
ou lewe aflê en ‘n nuwe lewe as Christen aanpak, kan jy nie meer dieselfde mens
wees nie. Jy sal ‘n afkeer aan sondige
dinge hê en ‘n ewige honger na Sy wil ervaar.
Jy sal Hom in alles ken en Sy leiding vra alvorens jy enige besluit neem. En daarom sal jy ook nie skaam wees om die
evangelie te verkondig by elke moontlike geleentheid nie.
Praat jy eerste met mense oor God of praat jy
saam as hulle van Hom praat?
No comments:
Post a Comment