Sunday 2 June 2013

Laaste Afrit


Openbaring 1 : 3  Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.

In New Zealand het ‘n groep Christene ‘n groot advertensiebord langs ‘n hoofweg opgerig met die woorde “Final Exit”. Die idee is om mense daaraan te herinner dat ons almal eendag die laaste afrit gaan neem.  Hul hoop natuurlik ook dat dit mense sal beweeg om hul lewens in orde te kry sodat hul gereed sal wees die dag as hul daardie laaste afrit geneem het. 

Baie van ons ken die frustrasie as jy ‘n verkeerde afrit neem.  Omdraai is uit as jy eers ’n verkeerde afrit geneem het. Met die laaste afrit sal daar ook nie omdraai wees nie.  Ons sal hierdie reis noukeurig moet aanpak, die aanwysings (Bybel) lees en seker maak ons aandag word nie afgetrek deur dit wat ons langs die pad teekom nie.

Die eindtyd sal verseker aanbreek.  Al waarvan ons nie seker is nie, is presies wanneer.  Vir party gaan dit ‘n blye dag wees, maar vir ander ‘n wrede ontnugtering.

Is jy gereed vir daardie laaste afrit?

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...